Oscars 2016: Hier is al die wenners

Leonardo DiCaprio in The Revenant. Foto: Facebook via Leonardo DiCaprio

Leonardo DiCaprio in The Revenant. Foto: Facebook via Leonardo DiCaprio

Die 88ste Oscar toekennings het 28 Februarie tydens ʼn glansgeleentheid in Hollywood plaasgevind. Die akteur en komediant, Chris Rock, was seremoniemeester by vanjaar se toekenningsgeleentheid.

Leonardo DiCaprio, wat al vyf keer voorheen vir ʼn Oscar benoem is en meer as twee dekades in die rolprentbedryf is, het vanjaar met ʼn goue beeldjie huis toe gegaan. Hy het op Facebook geskryf dié toekenning is ’n groot eer en hy hoop dit bring meer aandag na kwessies soos klimaatverandering en aardverwarming.

Dié toekenningsgeleentheid word weer op 29 Februarie om 19:30 op M-Net (kanaal 101) uitgesaai.

Beste akteur
Leonardo DiCaprio – The Revenant

Beste aktrise
Brie Larson – Room

Beste mansbyspeler
Mark Rylance – Bridge of Spies

Beste vrouebyspeler
Alicia Vikander – The Danish Girl

Beste fliek
Spotlight

Beste oorspronklike draaiboek
Spotlight

Beste aangepaste draaiboek
The Big Sort

Beste kostuumontwerp
Mad Max: Fury Road (Jenny Beavan)

Beste produksie-ontwerp
Mad Max: Fury Road

Beste grimering en haarstilering
Mad Max: Fury Road

Beste kinematografie
The Revenant

Beste filmredigering
Mad Max: Fury Road

Beste klankredigering
Mad Max: Fury Road

Beste klankvermenging
Mad Max: Fury Road

Beste visuele effekte
Ex Machina

Beste animasie-kortfliek
Bear Story

Beste animasie
Inside Out

Beste dokumentêr
A girl in the river: The price of forgiveness

Beste profiel-dokumentêr
Amy

Beste lewendeaksie-kortfliek
Stutterer

Beste buitelandse fliek
Son of Saul

Beste oorspronklike vertelling
The hateful eight

Beste oorspronklike liedjie
“Writings on the wall” – Spectre

Beste regisseur
Alejandro González Iñárritu – The Revenant

Kyk ook na die benoemings van die Oscars vroeër in 2016.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.