Oscars 2018: Hier is die benoemings

Sam Rockwell en Frances McDormand in Three Billboards Outside Ebbing, Missouri. (Foto: Merrick Morton/Fox Searchlight via AP)

Die benoemings vir die 90ste Oscar-toekennings is bekendgemaak en die flieks The Shape of Water, Lady Bird en Three Billboards Outside Ebbing, Missouri het skoonskip gemaak.

Guillermo del Toro se uitbundinge monster-romanse The Shape of Water het 13 nominasies ontvang, onder meer vir beste regisseur, beste kinematografie en beste oorspronklike draaiboek. Sally Hawkins is vir beste aktrise vir dié fantasiefliek benoem, terwyl Richard Jenkins en Octavia Spencer onderskeidelik vir beste mans- en vrouebyspelers benoem is.

Greta Gerwig het geskiedenis gemaak deur die vyfde vrou te word om vir beste regisseur genomineer te word vir Lady Bird. Die nadraai van die bewerings van seksuele wangedrag in Hollywood het die fokus spesifiek op die kategorie vir beste regisseur geplaas, wat vir baie ʼn simbool van die geslagsongelykheid in die filmbedryf is.

Gerwig volg in die voetspore van Lina Wertmuller, Jane Campion, Sofia Coppola and Kathryn Bigelow, die enigste wenner in dié kategorie vir The Hurt Locker in 2010.

Rachel Morrison van Mudbound het ook geskiedenis gemaak as die eerste vrou wat genomineer is vir beste kinematografie.

Saoirse Ronan en Greta Gerwig van Lady Bird. (Foto: Merie Wallace/A24 via AP)

Benewens beste regisseur en oorspronklike draaiboek vir Gerwig spog Lady Bird met nog drie benoemings. Saoirse Ronan is genomineer vir beste aktrise in ʼn hoofrol. Laurie Metcalf, wat beter bekend is as Sheldon Cooper se ma in die komediereeks The Big Bang Theory, is ook genomineer vir beste vrouebyspeler.

Die immergroen aktrise Meryl Streep het haar 21ste Oscar-benoeming ontvang vir beste aktrise in ʼn hoofrol vir haar vertolking van Washington Post-uitgewer Katherine Graham in The Post. Sy is saam met Sally Hawkins (The Shape of Water), Saoirse Ronan (Lady Bird), Margot Robbie (I, Tonya) en Frances McDormand (Three Billboards Outside Ebbing, Missouri) in dié kategorie benoem.

Three Billboards Outside Ebbing, Missouri het altesaam sewe nominasies ontvang. Sam Rockwell en Woody Harrelson ding albei mee in die kategorie vir beste mansbyspeler. Die fliek is ook genomineer vir beste oorspronklike musiek en beste oorspronklike draaiboek.

Terwyl al die voorlopers vir die toekennings almal hul nominasies ontvang het, was daar ook ʼn paar verrassings.

Christopher Plummer, wat vir Kevin Spacey vervang het in die Ridley Scott-fliek All the Money in the World, is genomineer in die kategorie vir beste mansbyspeler. Spacey is deur Plummer vervang nadat eersgenoemde van seksuele wangedrag beskuldig is. Plummer is in die ouderdom van 88 glo die oudste akteur wat vir ʼn Oscar benoem is.

James Franco, wat met die Golden Globe vir beste akteur in ʼn hoofrol weggestap het vir The Disaster Artist, is nie genomineer nie. Franco is ná afloop van die Golden Globe-toekennings skerp gekritiseer nadat hy ook van seksuele wangedrag beskuldig is.

Denzel Washington (Roman J. Israel, Esq.) is saam met veteraanakteurs Daniel Day-Lewis (Phantom Thread) en Gary Oldman (Darkest Hour) asook die nuwelinge Daniel Kaluuya (Get Out) en Timothée Chalamet (Call Me By Your Name) genomineer vir beste akteur in ʼn hoofrol.

Timothée Chalamet in Call Me By Your Name. (Foto: Sony Pictures Classics via AP)

Chalamet (22) is glo die jongste akteur wat vir ʼn Oscar in dié kategorie benoem is sedert die 19-jarige Mickey Rooney in 1940 benoem is vir Babes in Arms.

Suid-Afrika is ook vanjaar deur die Oscar-beoordelaarspaneel raakgesien. Die animasie-kortfliek Revolting Rhymes, wat op die bekende Roald Dahl-boek gebaseer is, is deur die Kaapse filmspan Triggerfish gemaak. Die fliek is genomineer vir beste animasie-kortfliek.

Die beeldjies word op 4 Maart by die Dolby-teater in Los Angeles, Kalifornië uitgedeel.

Hier volg ʼn volle lys van die nominasies:

Beste algehele fliek

  • Call Me By Your Name
  • Darkest Hour
  • Dunkirk
  • Get Out
  • Lady Bird
  • Phantom Thread
  • The Post
  • The Shape of Water
  • Three Billboards Outside Ebbing, Missouri

Beste akteur

  • Timothée Chalamet, Call Me By Your Name
  • Daniel Day-Lewis, Phantom Thread
  • Daniel Kaluuya, Get Out
  • Gary Oldman, Darkest Hour
  • Denzel Washington, Roman J. Israel, Esq.

Beste aktrise

  • Sally Hawkins, The Shape of Water
  • Frances McDormand, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri
  • Margot Robbie, I, Tonya
  • Saoirse Ronan, Lady Bird
  • Mery Streep, The Post

Beste mansbyspeler

  • Willem Dafoe, The Florida Project
  • Woody Harrelson, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri
  • Richard Jenkins, The Shape of Water
  • Christopher Plummer, All the Money in the World
  • Sam Rockwell, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri

Beste vrouebyspeler

  • Mary J. Blige, Mudbound
  • Allison Janney, I, Tonya
  • Leslie Manville, Phantom Thread
  • Laurie Metcalfe, Lady Bird
  • Octavia Spencer, The Shape of Water

Beste regisseur

  • Dunkirk, Christopher Nolan
  • Get Out, Jordan Peele
  • Lady Bird, Greta Gerwig
  • Phantom Thread, Paul Thoman Anderson
  • The Shape of Water, Guillermo del Toro

Beste buitelandse fliek

  • The Fantastic Woman, Chili
  • The Insult, Libanon
  • Loveless, Rusland
  • On Body and Soul, Hongarye
  • The Square, Swede

Beste animasiefliek

  • The Boss Baby
  • The Breadwinner
  • Coco
  • Ferdinand
  • Loving Vincent

Beste animasie-kortfliek

  • Dear Basketball
  • Garden Party
  • Lou
  • Negative Space
  • Revolting Rhymes

Beste aangepaste draaiboek

  • Call Me By Your Name, James Ivory
  • The Disaster Artist, Scott Neustadter en Michael H. Weber
  • Logan, Scott Frank, James Mangold en Michael Green; storie deur James Mangold
  • Molly’s Game, Aaron Sorkin
  • Mudbound, Virgil Williams en Dee Rees

Beste oorspronklike draaiboek

  • The Big Sick, Emily V. Gordon en Kumail Nanjiani
  • Get Out, Jordan Peele
  • Lady Bird, Greta Gerwig
  • The Shape of Water, Guillermo del Toro en Vanessa Taylor; storie deur Guillermo del Toro
  • Three Billboards Outside Ebbing, Missouri, Martin McDonagh

Beste kinematografie

  • Blade Runner 2049
  • Darkest Hour
  • Dunkirk
  • Mudbound
  • The Shape of Water

Beste kostuumontwerp

  • Beauty and the Beast
  • The Darkest Hour
  • Phantom Thread
  • The Shape of Water
  • Victoria and Abdul

Beste grimering en haarstilering

  • Darkest Hour
  • Victoria and Abdul
  • Wonder

Beste oorspronklike klankbaan

  • Dunkirk deur Hans Zimmer
  • Phantom Thread deur Jonny Greenwood
  • The Shape of Water deur Alexandre Desplat
  • Star Wars: The Last Jedi deur John Williams
  • Three Billboards Outside Ebbing, Missouri deur Carter Burwell

Beste dokumentêre rolprent

  • Abacus: Small Enough to Jail
  • Faces Places
  • Icarus
  • Last men in Aleppo
  • Strong Island

Beste dokumentêre kortfliek

  • Edith and Eddie
  • Heaven is a Traffic Jam on the 405
  • Heroin(e)
  • Knife Skills
  • Traffic Stop

Beste redigering

  • Baby Driver
  • Dunkirk
  • I, Tonya
  • The Shape of Water
  • Three Billboards Outside Ebbing, Missouri

Beste oorspronklike temaliedjie

  • “Mighty River” uit Mudbound
  • “Mystery of Love” uit Call Me By Your Name
  • “Remember Me” uit Coco
  • “Stand Up for Something” uit Marshall
  • “This is Me” uit The Greatest Showman

Beste produksieontwerp

  • Beauty and the Beast
  • Blade Runner 2049
  • Darkest Hour
  • Dunkirk
  • The Shape of Water

Beste aksie-kortfliek

  • Dekalb Elementary
  • The Eleven O’clock
  • My Nephew Emmett
  • The Silent Child
  • Watu Wote / All of Us

Beste klankredigering

  • Baby Driver
  • Blade Runner 2049
  • Dunkirk
  • The Shape of Water
  • Star Wars: The Last Jedi

Beste klankvermenging

  • Baby Driver
  • Blade Runner 2049
  • Dunkirk
  • The Shape of Water
  • Star Wars: The Last Jedi

Beste visuele effekte

  • Blade Runner 2049
  • Guardians of the Galaxy
  • Kong: Skull Island
  • Star Wars: The Last Jedi
  • War for the Planet of the Apes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.