‘Pawpaw vir my darling’ ʼn lokettreffer

'n Pawpad vir my darling

Willie Esterhuizen, Deirdre Wolhuter, Deon Lotz en Brumilda van Rensburg saam met Zeus wat die rol van Tsjaka vertolk. Foto: Esté Meyer Jansen.

Die nuwe Afrikaanse trefferfliek, ʼn Pawpaw vir my darling, het binne die eerste vyf dae nadat dit begin draai het meer as R1,1 miljoen by die loket verdien. Meer as 22 000 mense het reeds na dié fliek gekyk.

ʼn Pawpaw vir my darling is geskoei op die gelyknamige roman deur Jeanne Goosen en vertel die storie van Beeslaers van Damnville.

Koos Roets, wat die draaiboek vir die fliek geskryf het en ook die regisseur daarvan is, sê hy is dankbaar oor die sukses van die fliek. “Ek was van meet af oortuig dat ons gehore nie onderskat moet word nie, dat ons kykerspubliek ’n vlak van volwassenheid bereik het waar hul beslis oop sal wees vir die storie van ’n Pawpaw vir my darling, dat hul die eerlikheid daarvan sal kan waardeer en begrip en deernis vir die karakters sal hê,” sê hy.

André Scholtz, vervaardiger van die rolprent, sê die span is tevrede oor hoe die fliek vaar by die loket. “Ek is baie gelukkig met die opkoms, maar veral met die reaksie van die kykers. Dis ’n sagte maar soms ’n taai toffie … tog blyk dit dat dit ’n verfrissende effek op hulle gehad het.”

Akteurs soos Deon Lotz, Deirdre Wolhuter, Brümilda van Rensburg, Willie Esterhuizen, Lida Botha, Marga van Rooy, Marcel van Heerden en Hannes Brümmer is deel van die rolverdeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Realis ·

Ek is nou nie eintlik ‘n fliek vlooi nie maar het vanoggend die film gesien. Dit was oorspronklik, snaaks en sommer net goeie gesonde vermaak. Dit laat jou vergeet van wat tans om ons gebeur Puik. Nie vir sensitiewe kykers nie maar geensins vulger nie.

Ella ·

Na die lokprent kon ek en my verloofde nie wag om dit te sien nie. Met alle eerlikheid was ons erg teleurgesteld. Die afrikaanse produksies wat uitgekom het in die laaste paar jaar is stukke beter as die.

Monica ·

Ek kon nie wag om die fliek te sien nie, maar was regtig geld mors gewees. Baie teleurgesteld, mens wil tog jou afrikaanse produksies ondersteun, maar daar is bitter min wat die moeite werd is om te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.