Draaiboek en regisseur: René van Rooyen
Vervaardigers: Kaapland Films – Tim Theron, Cobus van den Berg, Jorrie van der Walt
Rolverdeling: Tim Theron, Anel Alexander, Nadia Beukes, Heinz Winckler, Bouwer Bosch, Bennie Fourie, Hykie Berg, Milan Murray, Anne Hirsch, Leandie du Randt, Danie Putter
Ouderdomsbeperking: Ouerleiding aanbeveel
Datum van vrystelling: 6 Februarie
Die splinternuwe Afrikaanse fliek, Mooirivier, word beskryf as ʼn romantiese ensemble rolprent en soos die naam aandui, speel dit af in Potchefstroom. Dit vertel die storie van ses paartjies en hulle ervaring van die liefde. Die fliek ondersoek alle vorms van liefde: eerste liefdes, tweede liefdes, verlief wees en liefde tussen familie.