SA gunstelinge op Showmax te sien

Showmax bring hierdie maand vir jou ʼn rits bekroonde plaaslike gunstelinge, van ʼn gewilde rillerfliek wat genomineer is vir agt Africa Movie Academy-toekennings volgende maand tot ʼn bekroonde kortfliek wat volgende jaar vir ʼn Oscar oorweeg sal word.

Siembamba (The Lullaby)

Chloe het gedink haar depressie is veroorsaak deur haar kind se geboorte. Dan begin sy vermoed ʼn bose entiteit spook by hulle, maar niemand wil haar glo nie…
Waarom moet jy dit kyk? Dié riller is in meer as 150 teaters in die VSA vrygestel – dit is seldsaam vir ʼn Suid-Afrikaanse fliek! Die fliek het ʼn 88%-resensiesyfer behaal op Rotten Tomatoes.
Toekennings: Siembamba is genomineer vir agt Africa Movie Academy-toekennings in Oktober, insluitend Beste fliek, Beste regisseur (Darrel Roodt) en Beste aktrise (Reine Swart). Dit is ook vir twee Safta-toekennings genomineer. Kyk nou »

(WAARSKUWING: Die lokprent is nie geskik vir sensitiewe kykers of kinders nie.)

The Hangman

Khetha (Thato DH Dhladla) is ʼn swart tronkbewaarder wat toesig moet hou oor swart terdoodveroordeelde gevangenes in Pretoria Sentraal-gevangenis teen die einde van apartheid. Sy werk raak nog weer ingewikkeld wanneer sy vervreemde pa (Khulu Skenjana) na die galg-afdeling oorgeplaas word.
Waarom moet jy dit kyk? Dié fliek sal in 2019 vir ʼn Oscar-toekenning oorweeg word in die kategorie Beste buitelandse fliek. Regisseur Zwelethu Radebe is ook ʼn opkomende talent en is gekies vir Mail & Guardian se lys van 200 jong Suid-Afrikaners in 2018.
Toekennings: The Hangman het reeds talle toekennings ontvang, insluitend Beste Suid-Afrikaanse kortfliek by filmfeeste in Durban en Johannesburg en Beste Afrika-kortfliek by die Zanzibar Internasionale Filmfees. Kyk nou »

Shepherds and Butchers

Oscar-genomineerde Steve Coogan (Philomena) is ʼn prokureur wat probeer verhoed dat ʼn laksman self gehang word.
Waarom moet jy dit kyk? Dit gee vir jou goeie gesprekspunte as iemand weer oor die doodstraf wil gesels. Oliver Schmitz is een van Suid-Afrika se topregisseurs.
Toekennings: Oliver Schmitz het verlede jaar die Safta-toekenning ontvang vir Beste regisseur. Kyk nou »

Die Boekklub S2

In die eerste seisoen het Kaapstadse hipster Tom (Armand Aucamp) ʼn gastehuis – en ʼn boekklub – in die Karoo geërf. In seisoen 2 bedryf hy die gastehuis saam met Sofia (June van Merch) en ja, hulle baklei nog steeds elke dag.
Waarom moet jy dit kyk? Die Boekklub is ʼn juweel en een van die mees bekroonde Afrikaanse drama-komedies die afgelope paar jaar.
Toekennings: Jana Cilliers het twee keer die Safta-toekenning ontvang vir Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol. Louis Pretorius het in 2017 die toekenning ontvang vir Beste TV-drama-draaiboek. (Vanaf 17 September te sien.) Kyk nou »

Hotel S2

ʼn Afrikaanse mokumentêr oor ʼn middeljarige hotelbestuurder, Ferdie Kruger (James Borthwick), wat sukkel om die deure van sy hotel in Mpumalanga oop te hou.
Waarom moet jy dit kyk? Grapjas Schalk Bezuidenhout.
Toekennings: Schalk Bezuidenhout het in 2018 die Safta-toekenning ontvang vir Beste akteur in ʼn ondersteunende rol in ʼn komedie. Die eerste seisoen het in 2017 die Safta-toekenning ontvang vir Beste komedie-draaiboek. Kyk nou »

Ander hoogtepunte wat in September op Showmax te sien is:

  • Abraham, die laaste fliek van die Afrikaanse filmlegende Jans Rautenbach. Screen Africa het gesê hy is “moontlik Suid-Afrika se beste en terselfdertyd, mees omstrede, filmmaker”. Jans is in 2016 oorlede in die ouderdom van 80, ʼn jaar ná Abraham vrygestel is met uitstekende resensies.
  • Phil 101, ʼn 2018 Safta-genomineerde sitkom wat in ʼn filosofiedepartement afspeel met Bennie Fourie, Philippus Boshoff en Frank Opperman in die hoofrolle.
  • Kokkedoortjie, ʼn Safta-genomineerde kookprogram vir kinders tussen 9 en 13 jaar oud. (Vanaf 20 September te sien.)
  • Seisoen 2 van die tekenprentreeks Zafari, oor ʼn dieretuin naby Mount Kilimanjaro vol unieke karakters. (Vanaf 24 September te sien.)
  • Die Afrikaanse branderplankryerfliek Die Pro, met Edwin van der Walt, gebaseer op Leon de Villiers se bekroonde boek.

Klik hier  om te sien wat alles in September op Showmax te sien is.

Oor Showmax

Showmax is ’n aanlyn televisiediens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse-aanlyn-katalogus van TV-reekse, flieks, kinderprogramme en dokumentêre. Begin en eindig jou intekenaarskap soos dit jou pas. Geen advertensies. Jy kan enige tyd kanselleer – daar’s geen kontrak nie.

Kyk Showmax deur van apps vir slim TV’s, slimfone, tablette, rekenaars, media-spelers en speletjie-konsoles gebruik te maak. Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur data-verbruik deur die bandwydte-beperkingsfunksie te gebruik. Geen internet? Geen probleem nie. Jy kan tot 25 programme op slimfone en tablette aflaai om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.

Hierdie flieks is beskikbaar op Showmax vir kykers in Suid-Afrika en die buiteland. Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv Premium-pakket! Klik hier om meer uit te vind.

Is jy ‘n DStv Compact-kliënt?

Goeie nuus! Jy betaal nou slegs R49 per maand as jy ‘n DStv Compact Plus of DStv Compact-kliënt is – dis afslag van R50! Klik hier om meer te lees en klik hier om te sien hoe jy te werk moet gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.