SA se eerste Western is hier

'n Skermgreep uit die fliek. (Foto: Mad Moth Communications/ANA)

‘n Skermgreep uit die fliek. (Foto: Mad Moth Communications/ANA)

Die produksiemaatskappy Be Phat Motel het aangekondig dat Suid-Afrika se eerste en langverwagte Western-fliek, Five Fingers for Marseilles, Vrydag in fliekteaters landwyd vrygestel word.

Die hoëspoed-aksiefliek sal ook van 7 September af in die VSA vertoon word, waar dit eers in New York en Los Angeles ten toon gestel sal word. Die fliek sal dan na nog 15 Amerikaanse stede versprei word.

“Ons is opgewonde om saam met die span te werk wat die Oscar-bekroonde flieks Precious en The Paperboy, met sterre soos Zac Efron, Matthew McConaughey, Nicole Kidman en David Oyelowo, vervaardig het. Dit is uitstekende nuus aangesien dit die fliek, wat redelik universele temas en idees het, toegang tot ʼn wêreldwye fliekgehoor bied,” het Sean Drummond, skrywer en vervaardiger, gesê.

Nadat die fliek in die VSA vertoon is, sal dit ook in Japan en Skandinawië bekendgestel word. Dit sal beskikbaar gestel word op Amazon Prime, Amazon se eksklusiewe video-op-aanvraag-stromingsdiens wat die fliek se gehore wêreldwyd nog verder sal uitbrei.

Five Fingers for Marseilles vertel die verhaal van ʼn groep jong mans, die Five Fingers, wat opstaan teen polisiebrutaliteit en onderdrukking in Marseilles, ʼn dorp in die ruwe “badlands” van die Oos-Kaap.

Tau, een van die Five Fingers, vermoor twee polisiebeamptes en word tot 20 jaar tronkstraf gevonnis. Wanneer hy vrygelaat word, kom die verbitterde “Leeu van Marseilles” agter sy kamerade is almal nou in prominente posisies op die dorp. Daar is ook ʼn nuwe bedreiging wat kop uitsteek, wat Tau noop om die Five Fingers te hervorm om saam met ou bondgenote nuwe vyande aan te vat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Justice ·

Of hierdie fliek gaan bydra tot nuwe beleggings in die land is `n ope vraag.

HOED ·

Hoop hulle doen goed, maar “a hat does not a western make”

Trevor ·

Suid Afrika se eerste Western rolprent was The Hellions (1961) met Ken Annakin as regisseur en Jamie Uys as een van die vervaardigers.

Kosie Kramer ·

Beau Brummel se “Two bullets for a long gun” is ook lank beskou as ons eerste Western.

Trevor ·

Neem asb ook kennis van Emil Nofal se Voor Sononder en David Millin se Stropers Van Die Laeveld wat ‘n paar jaar na The Hellions vrygestel is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.