Die benoemings vir die 12de jaarlikse Saftas (Suid-Afrikaanse fliek- en televisietoekennings) is bekendgemaak.
Die gewilde kykNET komediereeks Hotel is onderskeidelik benoem vir beste akteur (James Borthwick), beste aktrise (Simoné Nortmann) en beste mansbyspeler in ʼn komediereeks (Schalk Bezuidenhout).
Afrikaanse flieks soos Nul is nie niks nie, Krotoa en Vaselinetjie is ook vir dié gesogte prys benoem.
Hier is ʼn opgesomde lys waarin Afrikaanse produksies en/of akteurs benoem is:
Beste kletsprogram-aanbieder
Karen Zoid: Die Republiek van Zoid-Afrika
Pabi Moloi: Trending SA
Masechaba Ndlovu: Mose Waka Season 2
Beste kletsprogram
Jou storie met Nina (seisoen 2)
Mooi (seisoen 1)
Republiek van Zoid-Afrika
Beste joernaalprogram
Edik van Nantes 2
The Man Cave
(seisoen 2)
Beste internasionale formaat- program
Kom ons trou, nou!
My Kitchen Rules
Shark Tank South Africa
Beste speletjiesprogram
Die kliek (seisoen 5)
The Final Cut
Point of Order
Beste werklikheidsreeks
Kokkedoortjie
The Intern by David Tlale
Wingin It
Beste TV-drama
Die Boland Moorde 2
Harvest
Tjovitjo
Beste vrouebyspeler (rolprent)
Ilana Cilliers: Johnny is nie dood nie
Nomonde Mbusi: VAYA
Roeline Daneel: Krotoa
Beste grimering en haarstilering (rolprent)
Nul is nie niks nie
Kalushi
From a House on Willow Street
Beste produksie-ontwerp (rolprent)
Johnny is nie dood nie
Kalushi
Vaselinetjie
Beste kostuumontwerp vir ʼn rolprent
Krotoa
Inxeba (The Wound)
Kalushi
Beste oorspronklike musiek (rolprent)
Vaselinetjie
Vuil wasgoed
Kalushi
Beste vrouebyspeler (TV)
Jana Cilliers: Die boekklub 2
Tina Jaxa: Isikizi 2
Quanita Adams: Sara se geheim
Beste draaiboek (TV)
Die boekklub 2
Die Boland-moorde 2
Lockdown
Beste komedie (TV)
Hotel
Puppet Nation ZA
Suzelle DIY
Beste komedie-draaiboek (TV)
Elke skewe pot
Hotel
Puppet Nation ZA
Beste aktrise in ʼn komedie (TV)
Carine Rous: Elke skewe pot
Simoné Nortmann: Hotel
Julia Anastasopoulos: Suzelle DIY
Beste akteur in ʼn komedie (TV)
James Borthwick: Hotel
Mandla Gaduka: Gauteng Maboneng
Rea Rangaka: Single Guyz 2
Beste vrouebyspeler in ʼn komedie (TV)
Carien Botha: Elke skewe pot
Franci Swanepoel: Elke skewe pot
Linda Sebezo: Gauteng Maboneng
Beste mansbyspeler in ʼn komedie (TV)
Schalk Bezuidenhout: Hotel
Trever Gumbi: Ses Top La 4
Warren Masemola: Ses Top La 4
Beste kortfliek
Vlees van my vlees
The Hangman
Apocolypse Now Now
Besoek Saftas se webwerf vir die volledige lys benoemings.