Showmax-fliek: Sy klink soos lente

ʼn Onskuldige klein leuentjie kan jou soms in diep moeilikheid laat beland. Dis wat die motorwerktuigkundige Ben moet leer in die Afrikaanse romantiese komedie Sy klink soos lente.

Ben ontmoet Linda in ʼn kroeg, maar hy dink sommer dadelik sy is te goed vir hom, omdat sy ʼn ouditeur is, en hy aan motors werk. Om haar te beïndruk, vertel hy haar dat hy in ʼn band speel, en dan moet hy vinnig spring om dié storie waar te maak, voordat sy die waarheid uitvind.

Dinge raak egter vinnig nog meer gekompliseerd wanneer Ben uitvind wie Linda se pa is: Niemand anders nie as sy baas by die werkswinkel waar hy werk!

Amalia Uys en Stiaan Smith vertolk die hoofrolle in Sy klink soos lente, en die byspelers sluit bekendes soos Bennie Fourie, Bouwer Bosch, Pietie Beyers, Wilson Dunster en Elize Cawood in.

Daar is boonop ook heerlike musiek op die klankbaan – hoe dan anders met ʼn fliek wat oor ʼn band gaan, al is dit dan ʼn opgemaakte een.

As jy hou van ʼn romantiese komedie met lekker vleis aan die been, kyk sommer vandag nog Sy klink soos lente op Showmax, waar jy al die beste Afrikaanse en internasionale flieks en reekse op een plek sal vind.

Vanaf 7 Augustus is Sy klink soos lente vir die eerste keer op Showmax beskikbaar. Indien jy nog nie vir Showmax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

*Let daarop dat hierdie fliek vanaf 7 Augustus aanvanklik net vir Showmax-kykers in die buiteland beskikbaar gemaak word. Laat weet gerus jou vriende en familielede in die buiteland!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.