Silwerskermfees 2015: Neels van Jaarsveld in drie flieks

Agter die skerms: Neels van Jaarsveld in die kortfilm 'Sweisbril'. Foto: Verskaf.

Agter die skerms: Neels van Jaarsveld in die kortfilm ‘Sweisbril’. Foto: Verskaf.

Neels van Jaarsveld, wat tans in die televisiereeks Getroud met Rugby te sien is, is vanjaar in drie rolprente by die kykNET Silwerskermfees te sien.

Dié fees skop vandag in Kampsbaai af en Neels is te sien in die kortfilm Sweisbril, asook die vollengte rolprente Die Pro en ‘n Man soos my Pa.

Ilza Roggeband, publisiteitsbestuurder van die fees, het met hom ‘n onderhoud gevoer.

Jy speel in Sweisbril, ‘n kortfilm wat gegrond is op ‘n kortverhaal deur Jaco Botha. Wat was die grootste uitdaging van die rol?

Die karakter is baie ingewikkeld en die uitdaging was om ‘n volronde karakterontwikkeling in ‘n kort tydperk te skep. Hopelik was ek suksesvol.

Wat beteken die kykNET Silwerskermfees vir die filmbedryf?

Dis absoluut fantasties. Een van my gunsteling feeste en “breinkinders” ter wêreld. Dit staan vir vooruitgang, kuns en positiewe denke. Dis ‘n eer om betrokke te wees.

Gaan jy die fees bywoon?

Inderdaad. Ek sal daar wees vir ‘n paar aande, maar ek moet ‘n liefdadigheids-gholfdag op 28 Augustus by Copperleaf in Pretoria bywoon. Ek is die gasheer en mense kan met my in verbinding tree by [email protected] indien hulle belangstel om te speel.

Waarna sien jy die meeste uit by die fees?

Dis ‘n wonderlike fees. Uitstekende ligging. Wonderlike mense. Fantastiese atmosfeer. En dan natuurlik films van ‘n hoë gehalte. Dis altyd lekker om nuwe films te sien. Ek is gelukkig om vanjaar in drie te wees en ek sien uit daarna om die eindproduk te sien.

Wie sal ‘n Man Soos my Pa en Die Pro geniet?

Beide is toeganklik vir enige kyker. Almal sal dit geniet. Realisme op sy beste met Suid-Afrika se voorste nuwe én gesoute akteurs en regie van ‘n hoë gehalte.

Die filmbedryf het die afgelope paar jaar baie gegroei. Is daar ‘n rol wat jy nog wil speel?

Ons ervaar ‘n baie gesonde tydperk en ek hoop van harte dit sal so gesond bly. Ek sal graag alle rolle wil speel. Ek is mos nou hier, daarom kan ek net sowel die beste daarvan maak.

Waaraan werk jy op die oomblik?

My eenmanvertoning InnieRof gaan binnekort Aardklop toe. Ek skiet nog ‘n fliek in September en in November werk ek aan ‘n nuwe Deon Opperman-dramareeks. My rap-album word ook hopelik teen die einde van die jaar vrygestel. Enormous Dwarf is my naam …

Kyk hier vir meer oor Sweisbril.

Kyk hier vir meer oor ‘n Man Soos my Pa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.