Silwerskermfees 2018: Inskrywing nou oop

Foto: Facebook

Die agtste jaarlikse Silwerskermfees word vanjaar weer deur kykNET aangebied en die inskrywings vir hierdie gesogte kortprent-kompetisie is nou oop.

Die fees bied aspirant-rolprentmakers en -draaiboekskrywers die kans om hul storie op die grootskerm te vertel.

Dié fees wat later vanjaar deur kykNET in Kampsbaai in die Wes-Kaap aangebied word, beoog om die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf deur middel van nuwe dokumentêre rolprente en kortprente ʼn hupstoot te gee.

Dié fees, Suid-Afrika se eie “Cannes-rolprentfees” in die kleine, het ʼn jaarlikse instelling geword. Dit is waar belanghebbendes in die bedryf soos regisseurs, vervaardigers, verspreiders, akteurs en ander geleentheid kry om te ontmoet en waar vir ʼn paar dae net rolprente gepraat en geleef word. Dit is ook ʼn geleentheid vir die groeiende rolprentbedryf om die uiteenlopende stories van Suid-Afrika te vertel.

Flieks soos Vuil Wasgoed, Vaselinetjie en Meerkat Maantuig het hul buiging op dié fees gemaak.

Inskrywings vir vanjaar se kortprent-kategorie is nou oop. Die sluitingsdatum is 23 Maart. Uit die aansoeke word kortflieks gekies om vervaardig te word. Elke fliek se begroting is R175 000. Die inskrywingsgeld is R250.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.