Silwerskermfees: Hiér is vanjaar se top‑15‑kortflieks

Cindy Swanepoel is by verlede jaar se Silwerskermfees aangewys as beste aktrise in ‘n kortfliek vir “Fluit Fluit”. (Foto: Leonie Bezuidenhout/Maroela Media)

Die top‑15‑kortflieks wat by vanjaar se 9de kykNET Silwerskermfees vertoon gaan word, is pas bekendgemaak.

Die kykNET Silwerskermfees‑kortfilmprojek bied elke jaar aan voornemende filmmakers die geleentheid om hul tande in hierdie medium te slyp. Vanjaar was die inskrywings in drie kategorieë oopgestel.

Die eerste kategorie is vir kortflieks van 24 minute en hier geld die reël dat vorige jare se uiteindelike deelnemers, met ander woorde die persone wie se flieks op die vorige Silwerskermfees te sien was, nie in dieselfde hoedanigheid mag ingeskryf het nie.

Die tweede kategorie, ʼn nuwe kategorie vanjaar, is vir kortflieks wat op digitale platforms vertoon kan word. Dit sluit musiekvideo’s, skerpskerts-sketse of enige eksperimentele werk in. Die derde kategorie, ook ʼn nuwe kategorie, is spesifiek vir die komedie-genre. Hierdie flieks is, soos die kortflieks in die allegenre-kategorie, 24 minute lank.

Hier is vanjaar se top‑15-kortfilms:

Bekkie ve’by
Skrywer: Francois le Pere
Regisseur: Gershwin Fritz en Francois le Pere
Vervaardiger: Shae Thomas

Die begrafnis
Skrywer: Leatitia Solomons
Regisseur: Johannes Pieter Nel
Vervaardiger: Jaco Nothnagel

Gebles
Skrywer: Bard Cloete
Regisseur: Juri Badenhorst
Vervaardiger: Melite Vivier

Janneman
Skrywer: Tristram Atkins
Regisseur: Tristram Atkins
Vervaardiger: Keenan Arrison en Tristram Atkins

Miemie (en die meteoriet wat haar definitief gaan tref)
Skrywer: Claudia van Zyl
Regisseur: Claudia van Zyl
Vervaardiger: Claudia van Zyl 

Oedipus: Die musical
Skrywer: Stefan Benade
Regisseur: Stefan Benade
Vervaardiger: Jaco Nothnagel

Swaaibraai
Skrywer: Gerhard Pretorius
Regisseur: Gerhard Pretorius
Vervaardiger: Beverly Toweett

Van nasionale belang
Skrywer: Renaldo Botha
Regisseur: Hannes Brümmer
Vervaardiger: Zak Hendrikz

Vinnie + Olga
Skrywer: Gerhard Ehlers
Regisseur: Gerhard Ehlers
Vervaardiger: Louise Malan

Hoe om ʼn perd te teken
Skrywer: Luan Jacobs
Regisseur: Sylvaine Strike
Vervaardiger: Luan Jacobs

Lakens
Skrywer: Christian Grobbelaar
Regisseur: Christian Grobbelaar
Vervaardiger: Ryan Johnson

My gelykenis
Skrywer: Inamari Schoonraad
Regisseur: Inamari Schoonraad
Vervaardiger: Inamari Schoonraad en Janhendrik Burger

Sussie
Skrywer: Juanita Mardon
Regisseur: Gert Steyn
Vervaardiger: Gerhard Marx

Binnelandse sake (gebaseer op die kortverhaal deur Enrique Grobbelaar)
Draaiboekskrywer: Burger Meyer
Regisseur: Burger Meyer
Vervaardiger: Duan Wanty

Rooilug (gebaseer op die teaterstuk deur Jefferson J. Dirks-Korkee)
Draaiboekskrywer: Oscar Petersen
Regisseur: Dominique Jossie
Vervaardiger: Roxanne Harris

Die negende kykNET Silwerskermfees vind van 21 tot 24 Augustus plaas. Klik hier om meer te lees oor verlede jaar se wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.