Skoolvakansie: Geniet dié flieks saam met jou kinders

Argieffoto (Foto: Roy Buri/Pixabay)

Met die skoolvakansie wat onbepland verleng is en kinders nou tuis moet bly, is dit ʼn uitdaging om die kinders besig te hou. Daar is egter sommige ondernemings wat werknemers toelaat om van die huis af te werk en dit is dalk net ʼn bedekte seën in sommige huishoudings.

Dit is belangrik vir ouers om gehaltetyd met hulle kinders in die alledaagse lewe te spandeer. Ná die uitsprake tydens die president se toespraak, is hierdie dalk ʼn gulde geleentheid om verlore tyd in te haal en tyd saam met jou kinders te spandeer.

Daar is ʼn spreekwoord wat sê: “Om te lag is die beste medisyne.” Navorsing het bewys dat lag ʼn anti-inflammatoriese uitwerking het. Dit beskerm jou bloedvate en hartspiere teen die beskadigende nagevolge van kardiovaskulêre siekte.

ʼn Baie goeie manier om lekker te lag is om ʼn komiese fliek saam met jou kinders te geniet. Fliek is nie net goeie tydverdryf saam met jou kinders nie, maar ook ʼn manier om van jou eie stres ontslae te raak.

Hier is ʼn lys van flieks, met hul IMDb-gradering uit 10, wat jy beslis in die volgende paar weke kan kyk. Sommige van die flieks het jy ook moontlik saam met jou ouers geniet toe jy self ʼn kind was.

27 van die snaaksste flieks om saam met jou kinders te kyk
The Goonies (1985) – 7.8 uit 10
Honey, I Shrunk the Kids (1989) – 6.3 uit 10
Home Alone (1990) – 7.6 uit 10
Mrs. Doubtfire (1993) – 7 uit 10
Babe (1995) – 6.7 uit 10
Toy Story (1995) – 8.3 uit 10
Chicken Run (2000) – 7 uit 10
Monsters, Inc. (2001) – 8 uit 10
Shrek (2001) – 7.8 uit 10
Ice Age (2002) – 7.5 uit 10
School of Rock (2003) – 7.1 uit 10
Finding Nemo (2003) – 8.1 uit 10
The Incredibles (2004) – 8 uit 10
Kicking and Screaming (2005) – 5.6 uit 10
The Pink Panther (2006) – 5.7 uit 10
Cars (2006) – 7.1 uit 10
Despicable Me (2010) – 7.6 uit 10
The Muppets (2011) – 7.1 uit 10
Frozen (2013) – 7.5 uit 10
Minions (2015) – 6.4 uit 10
Inside Out (2015) – 8.2 uit 10
Zootopia (2016) – 8 uit 10
Trolls (2016) – 6.5 uit 10
The Secret Life of Pets (2016) – 6.5 uit 10
Moana (2016) – 7.6 uit 10
The Boss Baby (2017) – 6.3 uit 10
Peter Rabbit (2018) – 6.5 uit 10

As fliek nie een van jou gesin se gunstelingtydverdrywe is nie, kies iets anders waarin julle mekaar se saamwees kan geniet. Maak seker jy spandeer gehaltetyd saam met die mense wat die meeste vir jou beteken; die mense van jou hart.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Flieks

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae