Só lyk die nuwe ‘Catwoman’

Zoë Kravitz (Foto: Instagram)

Die bekende Big Little Lies-aktrise Zoë Kravitz (30) sal die volgende Catwoman in die bekende The Batman-rolprentreeks wees.

Kravitz volg in die voetspore van bekendes soos Michelle Pfeiffer, Halle Berry en Anne Hathaway wat voorheen dié rol vertolk het. Robert Pattison, meer bekend vir sy rol as Edward in Twilight, sal die rol van Batman vertolk.

Kravitz is die dogter van die bekende sanger Lenny Kravitz en aktrise Lisa Bonet. Sy was reeds in 2017 die stem van Catwoman in The Lego Batman Movie.

Jason Mamoa, oftewel Aquaman, wat Kravitz se stiefpa is, het haar op Instagram gelukgewens met haar nuwe rol.

“Ek is so trots op jou, zozo bear. Dit is ongelooflik, ek is so opgewonde! Jy gaan soveel pret hê!” het hy geskryf.

Kravitz het op haar beurt geskerts dat sy opgewonde is daaroor dat Aquaman en Catwoman van nou af vakansies saam sal deurbring.

The Batman word op 25 Junie 2021 bekendgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.