Só lyk ‘Twee grade van moord’

Twee grade van moord (Foto: Facebook via Twee grade van moord)

Twee grade van moord (Foto: Facebook via Twee grade van moord)

Die amptelike lokprent van die nuwe Afrikaanse fliek Twee grade van moord is Maandag bekendgestel.

Marius Weyers en Sandra Prinsloo is vir die eerste keer in twee dekades weer saam op die silwerdoek te sien in dié fliek. Gerrit Schoonhoven is die regisseur van dié prent wat in die Kaap afspeel.

Die fliek vertel die verhaal van Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), ʼn bekende Kaapstadse sielkundige, met ʼn topverkoperboek wat haar intellektuele standpunt oor die liefde onderskryf, hoewel haar lang en gelukkige huwelik met Ben (Marius Weyers) dit weerspreek.

Prinsloo vertel sy moes diep in haarself grawe vir haar karakter in dié fliek. “Ek moes die gevoelens in myself ontsluit. Asof dit ek is wat wil doodgaan. Dit was ʼn verskriklike nag toe ek só daaraan gedink het. Hoe groet jy alles? En hoe help jy iemand so ná aan jou om dood te gaan?”

Volgens Weyers het hy en Prinsloo net gekliek van die eerste keer wat hulle saam gewerk het. “En dis baie belangrik, veral vir so ʼn emosionele rol. Jy moet die persoon wat teenoor jou speel, totaal kan vertrou.”

Die akteurs en span het ʼn maand lank aan die fliek geskiet.

Shaleen Surtie-Richards en Ester Willemse is ook in die fliek te sien.

Weyers en Prinsloo het saam in meer as 200 verhoogproduksies en meer as 35 vollengte flieks gespeel, maar was in 1989 laas saam op die grootskerm.

Twee grade van moord begin op 22 Julie in teaters draai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karma ·

Joh, hier lyk Sandra Prinsloo darem werklik haar ouderdom – duidelik het sy geisgsontrimpelings gehad, want die nek en gesig pas plooi-gewys nie bymekaar nie!

Leeukop ·

Sandra is pragtig. Maroela, herinner ons nader aan die tyd, wanneer die fliek reeds wys om te gaan kyk.

Giel ·

Skaam jou Karma. Sandra lyk baie beter as honderde jong mense.

Susan ·

Ek hou nie Marius Weyers nie. Hy praat vreeslik onduidelik, kan meeste van die tyd nie hoor wat hy se nie; en hy’t gewoonlik dieselfde gesigsuitdrukking met sy mond half oop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.