Stephen King-fliek word in Wes-Kaap verfilm

Foto: Twitter/ Nikolaj Arcel

Foto: Twitter/ Nikolaj Arcel

Die nuutste Stephen King-film, The Dark Tower, word tans in die Kaap verfilm en spog met ʼn ster-belaaide rolverdeling met Matthew McConaughey, Idris Elba en Katheryn Winnick wat die hoofrolle vertolk.

Die rolprent is gebaseer op Stephen King se topverkoperreeks met dieselfde titel.

Dane Nikolaj Arcel, wat bekend is vir sy filmreeks, The Girl with the Dragon Tattoo, sal die regie behartig. Arcel het verskeie foto’s van Rawsonville in die Wes-Kaap op Twitter gedeel, waar hulle tans besig is met verfilming.

Die rolprent handel oor Roland Deschain, ʼn cowboy-skerpskutter wat deur dorre terrein reis op soek na die donker toring; vol verwagting dat dit sy wêreld kan red voordat dit te laat is.

Sony Pictures en Media Rights Capital is die vervaardigers en beplan om die hele reeks boeke in rolprente te omskep. Die eerste boek van die reeks, The Gunslinger, wat in 1982 geskryf is, is eerste aan die beurt.  Hierdie reeks van Stephen King is vol avontuur, towerkuns en monsters – so reg in wetenskapfiksie-liefhebbers se kraal.

Die rolprent word na verwagting in 2017 uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaques ·

Kan nie wag nie. Is hoeka tans besig om die Dark Tower reeks te lees.

As ek eers begin, is dit moeilik om op te hou lees en word dit soms oggend ure voor ek lig afsit.

Stephen King het maar net “a way with words” wat mens gegom hou aan sy boeke van begin tot einde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.