“Tess” spook by aktrise

Foto: Skermskoot uit die video.

Foto: Skermskoot uit die video.

ʼn Nuwe rolprent, Tess, word op 24 Februarie uitgereik en fliekgangers kan hulself staal vir ʼn angswekkende en emosionele rit. Dié fliek, wat oor die lewe van ʼn jong sekswerker handel, belig ʼn onderwerp wat baie Suid-Afrikaanse vroue se lewens raak.

“Tess het verskriklik by my gespook, ” sê Christia Visser, wat die hoofrol in dié rolprent vertolk.

“Dit voel of ek skielik te veel van die wêreld weet. Al die dinge waarteen ek myself beskerm het, is nou daar. Die boksies is oopgemaak en dit kan nie weer toegemaak word nie.”

Die rolprent raak ʼn verskeidenheid onderwerpe soos prostitusie, verkragting, molestering en dwelmmisbruik aan en is nie die “standaard” Afrikaanse rolprent wat gewoonlik gemaak word nie.

“Dit is goed en wel om ʼn kommersiële fliek te maak wat mense laat goed voel – mense het dit beslis nodig, maar rolprente moet ook ander emosies in jou opwek. Ons as kunstenaars moet onsself uitdaag sodat ons die gehoor ook kan uitdaag – kykers wil uitgedaag word,” sê Christia.

Die rolprent is eintlik gegrond op ʼn boek genaamd Whiplash, (wat ook as Tess heruitgereik word) wat deur Tracey Farren geskryf is. Tracey het in dié wêreld geklim en met ʼn verskeidenheid vroue gepraat wat as sekswerkers leef.

Christia meen dié vroue se lewens is ʼn harde werklikheid waaroor bitter min mense wil praat en dat sy juis as aktrise mense se aandag daarop wil vestig.

“Daar is soveel belangrike stories om te vertel en dit is hoekom ek ʼn aktrise is. Ek wil in verskillende mense kan klim en ʼn verskeidenheid emosies ervaar.”

Tess word op 24 Februarie uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Stormrider ·

Stem saam. Die rolprent is sosiale kommentaar en is beslis nie vermaak nie. Ek hou ook van dramas, maar ons sien daagliks genoeg van die gebrokenheid van die wereld.

Valerie ·

Ja, onthou julle nog hoe prostitusie opgehemel en geglamorize was met die “Pretty Woman” fliek? En hoeveel flieks (soos “Coyote Ugly” ) het nie al ontkleedanseresse se onsedelike gewoontes as “werk” probeer verkoop nie? Stem saam; daar is geen, maar geen rede vir “Tess” nie. Dit spook al klaar by my (oo, hoe bang is ek nou) en het nog nie eers begin draai nie. Fliekmakers en tydskrifte (Cosmo, Women’s Health, Marie Claire) ens. gaan uit hul pad om seks en wat daarmee gepaard gaan as normaal te probeer uitmaak. Die nuutste Cosmo se catchline? “Dirty sex talk.” Ja. Gaan kyk maar, dis op die voorblad; julle hoef nie eers deur die ding te blaai nie.

Hou maar verby, Tess. My man, al was hy enkel, sou in elk geval nie in jou tipe belang gestel het nie.

JP ·

Net as teen-pool vir die vorige kommentaar; nie almal voel negatief oor die onderwerp nie. Vir baie is seks bloot nog ‘n liggaam funksie, soos om te eet. Dit kan pret wees of bloot funksioneel, ons almal is anders.

Nietemin, hê gerus bietjie begrip vir die mense wat se omstandighede so is dat hulle hulself moet uithuur om vir boetie en sussie kos op die tafel te sit of skoolklere te koop. Sekswerk is ‘n realiteit in SA, en ja, ook in die Afrikaner gemeenskap. Nou jy kan dit gerieflikshalwe miskyk, maar jy flous net jouself.

Valerie ·

“Omstandighede is so dat hulle hulself moet uithuur”?
JP, dit is die oudste verskoning wat die mense het. En ek weet dit is ‘n realiteit, die kamtige “sekswerk,” maar dit gee aan dit geen gewig nie. Maar daai verskoning werk nie. Het ‘n dame geken (‘n student) wat verkies het om dit te doen eerder as om byvoorbeeld ‘n gewone kelnerin te wees, ens. Dit is ‘n keuse, JP, nie ‘n verskoning nie. O, en haar keuse het niks met honger boeties en sussies te doen gehad nie. Jy sien, na haar studies toe hou sy maar aan om te “strip.” Maklike geld, vuil geld, en ander vroue se mans se geld en so aan. So, asseblief, vergeet maar daai verskoning. Dit werk net met die wat dink daar is nie ‘n ander uitweg nie; wat vertel word dit is die enigste uitweg. En wat dink dit is “werk” en so aan.

Marie ·

Valerie, een vraag: het jy al maatskaplike werk gedoen onder straatvroue? Want anders weet jy weet nie waarvan jy praat nie.

Elize ·

Ja omstandighede dwing hulle jy is so so reg want hulle is slagoffers van mensehandel en slagoffers van n siek samelewing. Dit is n simpel vraag en aanbod situasie as die vraag daar s sal dit aangebied word.. hou op vra vir dit dan sal die pimps ophou om vrouens kinders en mans as uittebuit en mensehandel sal vinnig afneem. NIEMAND staan een oggend op en besluit mmm vandag gaan ek myself uit verhuur nie..hulle word almal gewerf en uitgelewer as slawe

Elize ·

Niemand staan een oggend op en besluit om hulself uit te verhuur nie..daar is altyd maar altyd n storie daar agter. Hulle is slagoffers van mensehandel…dit is n simpel vraag en aanbod..as daar n vraag is sal die aanbod daar wees. As die veaag daal en mense ophou om pornografie en bordele te kyk en te besoek sal die smokkelaars (pimps) ophou om mans vroue en kinders te werf vir dit en mense uittebuit. Vergewis jouself van die feite..hulle is nie “loose women” nie hulle is LOST….

Nicky Smit ·

Ek hou baie van die tipe rolprente. Ek hou van ‘n film wat my raak en wat my laat dink. Dis ver beter as die gewone ou liefde en romans films waarvan ek gladnie hou nie. Dankie vir n film wat darem ‘n bietjie om die lyf het en ook wat die akteurs die kans gee om werklik goeie spel te lewer,

Kussingsloop ·

Eerste plek- mal oor die aktrise. Alle flieks is nie vir vermaak nie. Die goed en dinge bestaan. Beste is as mens rondry laataand. Daar is baie mans wat jy nooit eens sou dink nie. Die vrouens is beslis nie hul tippe nie! Gaan kyk eerder 50 Shades of Grey as jy wil lag. Of sit maar kussing oor kop .

Cecile ·

Vir die wat kommentaar lewer oor die etiek rondom jou liggaam uitverhuur, het julle al die fliek gesien? Ek het en glo my ek en die aktrise (en terloops ek ken die aktrise persoonlik) is beslis nie voorstaanders van die soort leefwyse nie, maar die harde werklikheid van die situasies waarin die meisies hul bevind is skokkend en laat mens net besef hoe verkeerd mens kan wees met oordeel en hoe skeef die wereld is. En net terloops, dis eindelik ‘n storie van hoop. Die omstandighede wat Tess gemaak het wat sy was is realiteit en skokkend hartseer, maar uiteindelik wen Tess deur om die regte en goeie keuses te maak. Moet asseblief nie die dom fout maak om die karakter aan die aktrise se nek te hang nie. As julle haar ken sal julle besef hoe goed die toneelspel was, want dis ‘n wereld waarvan sy haar hele lewe lank beskerm was. Lees die boek en kyk die fliek – die doel daarvan is om ‘n bewustheid te skep teen vroue en kinder mishandeling en dis baie nodig in ons deurmekaar wereld.

Liezel ·

Baie dankie aan JP, Marie, Nicky Smit, Kussingsloop en Cecile vir julle positiewe kommentaar. As julle nie die fliek gesien het nie moet asb nie kommentaar lewer nie, julle weet nie waarvan julle praat nie en julle ken BESLIS NIE die aktrise persoonlik nie, so moet haar nie verpersoonlik met Tess nie. Waag dit Vrydag uit julle “beskutte huise” of “comfort zones” en gaan kyk die fliek. Dan kom julle Maandag terug en lewer weer kommentaar, ek kan julle verseker julle gaan ‘n heel ander deuntjie sing

Falkie ·

Stem 100% Liezel!! Daar is maar oral sulke ou negatiewe suurknolle wat altyd die swart kolletjie op die wit laken soek.. en ‘n oningeligte eier lê uit hulle foutlose gemaksone.. Ai.. wens darem ek was ook so perfek soos die eier-lê groepie hierbo met hulle perfekte lewetjies daar lekker in hulle La-z-boy stoeltjies.. Go Tess.. gaan jou beslis loer… want ek is ook maar ‘n ou vrottetjie deurtrek van die foute… Lekker slaap… Usale kakuhle..

Janine ·

Verkragting, molestering en dwelm misbruik is aan die orde van die dag hier en in vele ander lande. Ek volg iemand se blog wat haar lewensverhaal vertel (sy is van klein dogtertjie af gemolesteer) en die emosionele mishandeling en afdreiging is hartverskeurend. Sy is mishandel, misbruik, gedwing om dinge te doen wat niemand in hul wildste nagmerries eers kan begin om uit te dink nie. Sy het 19 jaar terug besluit tot hiertoe en nie verder nie. Die emosionele letsels wys daagliks (ek weet want ek bied tans vir haar blyplek) al gee sy voor sy is okay. Sy was vasgevang in ‘n net van satanisme vandag sy 9 jaar oud was… Met haar blog probeer sy ‘n bewuswording skep van wat regtig daar buite aangaan – wat regtig gebeur met kinderverkragting, molestering, dwelm misbruik en die mishandeling wat sy moes verduur as sy nie die aaklige goed doen wat van haar verwag word nie. Sy het self ‘n boek geskryf wat sy probeer publiseer maar word afgekeur want dis ‘te grafies’. Hoe ‘sugar-coat’ mens kindermolestering en verkragting?

Ons draai so graag ons koppe weg om nie die lelik en die harde wrede werklikheid raak te sien nie, want wat ons nie sien nie, kan ons nie pla nie … Gaan kyk die fliek en soos Liezel tereg noem, kom dan terug en lewer weer kommentaar.

Chrisel ·

Dankie Janine, min mense is werklik bereid om so persoon te help. Kan jy dalk ‘n skakel gee vir die blog? Tyd dat ons wakker skrik en uit ons glashuise klim, ophou kritiseer en eerder iewers probeer help. Moet ook nie dink jou man of seun sal nooit by ‘n prostituut gaan kuier nie, die mees konserwatiewe manne het soms yslike geraamtes in die kas!

Liza ·

Ek is die moeder van ‘n 18 jarige dogter en ons gaan dit beslis kyk! Ek is in watte toegedraai deur my liefdevolle ouers so toe die realiteit van die wereld my slaan was dit baie hard! My dogter weet wat in die lewe aangaan sodat sy ingeligte besluite kan neem en ‘n fliek soos die kan net die oogklappe verder weg skuif.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.