The Recce: Veel meer as net ʼn oorlogsdrama

The Recce, ʼn splinternuwe Afrikaanse oorlogsdramafliek, is veel meer as net ʼn fliek oor die Bosoorlog – die fliek laat jou dink aan jou eie tuiste en heenkome, jou oorlewing en selfs hoe jou besluite ander persone raak.

Die fliek sleur jou mee met die verskillende karakters. Dit lewer nie ʼn uitspraak oor die Bosoorlog nie en diegene wat dink hulle gaan aksietonele (skop, skiet en doodslag) van die oorlog self sien, gaan dalk teleurgesteld wees: dit is nie ʼn gewone oorlogfliek nie. Daar is genoeg aksietonele om die fliek opwindend te hou, maar dit draai grootliks rondom een jong recce se stryd om oorlewing.

The Recce wys ook ʼn kant van die oorlog wat nie sommer in flieks gesien word nie: die familie tuis se eie emosionele stryd en onsekerheid. Dan is daar ook die bevelvoerders wat nie onaangeraak bly deur hul keuses en opdragte nie.

Henk Viljoen (gespeel deur Greg Kriek) word alleen agter die kaplyn ingestuur en dan verkeerdelik dood verklaar in die vyand se kamp. Hy moet elke hulpbron tot sy beskikking gebruik om by sy ontstelde vrou en gesin uit te kom. Intussen is die vyand op sy spoor…

Maurice Carpede as Impi in “The Recce” (Foto: The Recce, Instagram)

Die karakter Impi (gespeel deur Maurice Carpede) in die fliek se rol is aanvanklik onduidelik, maar soos ʼn goue draad word dié karakter ʼn hoofrol en ontvou die verhaal. Carpede se vertolking is noemenswaardig en mens sou graag meer van dié karakter te wete wou kom.

Die res van die rolverdeling sluit van die grootste name in die bedryf in, soos Marius Weyers, Albert Maritz, Elsabé Daneel, Grant Swanby, Christia Visser en Sonni Chidiebere. Die skrywer en regisseur van dié baanbrekersfliek is Johannes Ferdinand van Zyl. Jac Williams het die fliek deur die Kaapse produksiemaatskappy Man Makes a Picture vervaardig.

The Recce begin op 28 September in fliekteaters landwyd draai.
Koop jou kaartjies vir SterKinekor of NuMetro

Volg die fliek op sosiale media: Facebook, Twitter, Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

koos1 ·

Is dit op ware gebeure gegrond?
Ek het ‘n Henk Viljoen geken wat daai tyd op die grens was en ook by die spesiale magte (Rundu SWA) betrokke was. Ek kan nie met sekerheid sê dat hy ‘n recce was nie.

Darius Els ·

RECCE is ding wat om koerante kom na dit opherol is!
In Recce,verwys dit na n groep “RCCONASIENCE COMMANDO ?
Sover ek weet verwys hulle na n’ Pesmagte Operateur (SMO).

Erica Roos ·

Ek hoop regtig die skrywers het baie goed navorsing gedoen en dit nie net nog ‘n storie gemaak, gebaseer op stories wat dronk ouens in die kroeg vertel het, dit moet ‘n verhaal wees wat vir ons jong mense wys wat het werklik gebeur tydens die oorlog wat hulle oupas en pa’s geveg het, sien uit daarna

daan ·

Daar is meer soldate wat dood gaan in Amerika van selfmoord agv die truama as wat dood gaan in aksie oorsee. Ek wonder hoeveel x soldate was wan aan gepas in SA wat uit die bos oorlog gekom het.

anton ·

Hulle was verkennings soldate.
Hulle was die ysters van alle ysters.
Wonder of die werklik op ware feite gebaseer is. Sal maar wag en sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.