Titel bekendgemaak van 25ste Bond-fliek

Daniel Craig in April vanjaar by ‘n fotogeleentheid vir die jongste James Bond-rolprent, “No Time to Die”, in Oracabessa, Jamaika. (Foto: Leo Hudson/AP)

Die naam van die 25ste James Bond-rolprent is uiteindelik bekendgemaak en 007-aanhangers tel die dae af totdat die rolprent bekendgestel word.

Eon Productions het Dinsdag aangekondig dié rolprent se naam is No Time to Die. Die rolprent se titel is soortgelyk aan die op-die-man-af-titels van die klassieke 007-flieks met Sean Connery en Roger Moore, soos You Only Live Twice en Live and Let Die.

No Time to Die sal Daniel Craig se vyfde en vermoedelik laaste rolprent as die superspioen James Bond wees. Verlede maand is aangekondig dat die Britse aktrise Lashana Lynch, wat ook in No Time to Die sal verskyn, Bond se verpligtinge sal oorneem in die rolprente wat volg. Lynch sal die eerste vrou in dié ikoniese rol wees.

In No Time to Die vertolk Lynch die rol van die steeds misterieuse Nomi, terwyl Bond uit sy aftrede in Jamaika kom om nog een laaste keer die skurk, gespeel deur Oscar-wenner Rami Malek, vas te trek. Die rolprent se tonele is in Jamaika, Noorweë, Londen en Italië verfilm.

Die rolprent het egter talle uitdagings gehad op sy pad na die silwerskerm. Een hiervan was die vroeë uittrede van die Oscar-bekroonde regisseur Danny Boyle oor kreatiewe verskille, uitstelle van die rolprent se bekendstellingsdatum en veranderinge aan die verfilmingskedule nadat Craig ʼn enkelbesering tydens die verfilming in Jamaika opgedoen het.

Kort daarna het ʼn beheerde ontploffing by Pinewood Studios veroorsaak dat ʼn lid van die filmspan beseer en die 007-stel beskadig is. Boonop is ʼn man kort daarna van afloerdery aangekla nadat hy glo ʼn kamera in die vrouebadkamer van die bekende studio versteek het.

Die regisseur van No Time to Die is die Amerikaanse filmmaker Cary Joji Fukunaga. Die veteraan-Bond-draaiboekskrywers Neal Purvis en Robert Wade het ook op No Time to Die gewerk.

Die rolprent sal na verwagting op 8 April volgende jaar in die VSA uitgereik word. Dit is nog nie duidelik wanneer die rolprent in Suid-Afrikaanse teaters sal begin draai nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deloris

Klaar met 007

NET EK

Ai nee man al die jare was dit n man wat die rol gespeel het …. nou n vrou?? Ag nee wat dit dan die einde van 007 vir my

Ditsem

As dit die laaste Engelse man met Europese afkoms is dan is dit ook die laaste 007. Niemand kan die rol vertolk behalwe laas genoemde nie. Die karakter is n sjarmante,slim,fikste, maak die vrouens se kniee lam europese man met n skerp sin vir humor. Hoe kan jy nou n vrou in die rol sit. Maak dan eerder n nuwe fliek met die naam “Agent twenenty eleventy sevan and three:We live to destroy”

Lord Oom Piet

Laaste Bond-fliek wat ek sal kyk.

Andre

Dan kan daar mos nie meer n Bond fliek wees nie. Nou wil die vrou Bond se roem gebruik om naam te maak. Daar is ander karakters wat sy kan vertolk wat mense wat wil na kan gaan lyk.