Die première van die fliek Treurgrond word vanaand regstreeks op die webtuiste Scatzy uitgesaai.
Treurgrond word eersdaags bekendgestel en vertel die storie van hoe plaasmoorde ʼn hele gemeenskap beïnvloed.
Die uitsending sal al die rooitapytgebeure asook onderhoude wat tydens die première gevoer word, uitsaai.
Jy kan hier inteken sodat jy per e-pos herinner word wanneer die uitsending begin.
Hierdie artikel is aan Maroela Media verskaf deur Wêreldwyd, ʼn insiatief van AfriForum, waar Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland woon en/of werk kan kontak hou met Suid-Afrika. Besoek Wêreldwyd se webblad vir meer inligting.
Waar kyk ons die fliek. Ek het nou als probeer maar kan niks sien wat ek moet doen.
Die fliek begin 29 Mei 2015 by flieks teaters wys.
Ek kan nie meer wag nie!!! Hoop hul wys dit ook in Namibië.
‘n Fliek soos hierdie krap net ou wonde weer oop maar die waarheid moet uitkom. As ons ooit eendag weer ons vryheid gaan terugkry gaan ons maar ‘n verminkte volkie wees. Dankie Afriforum dat julle nog terug veg en nie gaan lê het nie.
Treurgrond het R700 000 in sy eerste week verdien. Fantasties fantasties. Ek wou gaan kyk het maar dit was vol bespreek. Die naweek is my naweek – jippie jippie. Dankie Steve dat daar ‘n rolprent is wat vir ons wys wat die boere deurgaan. Dankie almal wat aan Treurgrond gewerk het – ek kan nie wag om dit te gaan sien nie.