Tuisfliek van die maand: Hollywood in my huis

Hollywood in my huis
Met Edwin van der Walt en Christia Visser
Regisseur: Corné van Rooyen

Hulle maak eintlik die perfekte paartjie uit, die twee. Edwin van der Walt en Christia Visser het hoeka in Ballade vir ʼn enkeling die romantiese hoofrolle van die jong held en heldin gespeel voordat hulle volwasse geword het, maar hierdie was albei se debuut in romantiese hoofrolle.

Die rolprent leen so bietjie by Jans Rautenbach se Pappa Lap. Jana van Tonder sien vir Charlize Theron by die Oscars en word deur haar geïnspireer. Sy wil net so mooi soos haar heldin op die matriekdans wees. Wanneer haar matriekafspraak haar in die steek laat, bly net haar beste vriend Frikkie oor wat haar kan vergesel. Maar sal die twee bymekaarkom? En sal die arme skaam Frikkie genoeg moed bymekaarskraap om Aspoestertjie op sy scootertjie te kan uitneem?

Wat hier werk is die ongeaffekteerde en natuurlike spel van Van der Walt en Visser. ʼn Mens glo werklik in hulle as jongmense wat aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het en nou probeer om hul plek in die wêreld te vind. Boonop is hulle albei eintlik baie lief vir mekaar. Hulle weet net nie hoe om dit te wys nie.

Die rolprent beweeg teen ʼn gemaklike tempo en dit is veral in die wyse waarop doodnormale mense uitgebeeld word sonder om hulle te stereotipeer wat Hollywood in my huis laat werk.

As jy dit destyds op die silwerdoek gemis het, dit is nou op Showmax en sal ʼn koue wintersaand met warmte, humor, romanse en menslikheid vervul. ʼn Mens lag sáám met die karakters, nie vír hulle nie. En dit is lekker om ʼn Afrikaanse rolprent te sien wat nie platvloers of kommin is soos so baie huidige pogings (soos Jagveld) wat deesdae wys nie.
Aanbeveel.

Maak seker jy deel in die pret op Showmax. Indien jy nog nie vir ShowMax ingeteken het nie, probeer die gratis 14 dae-proeflopie vir duisende ure se topklas vermaak op jou rekenaar, slimfoon, slim TV of tablet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Magda ·

Grens hierdie showmax advertensies nie aan vals advertering nie want hierdie flieks is nie op die Suis-Afrikaanse weergawe van Showmax van toepassing nie? Dis net soos ‘Dis ek, Anna, wat geadverteer is, maar na 8maande nogsteeds nie beskikbaar is op S.A showmax nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.