‘Twee grade van moord’ aangewys as beste fliek

Twee grade van moord

Twee grade van moord (Foto: Verskaf)

Die Afrikaanse fliek, Twee Grade Van Moord, het pas die toekenning vir die beste fliek by die Indie Karoo-filmfees gewen.

Dié fees is tussen 1 en 3 Julie op Prins Albert in die Wes-Kaap gehou.

Die Indie Karoo-filmfees is ʼn platform vir onafhanklike filmvervaardigers en gee fliekgangers die kans om van Suid-Afrika se jongste talent eerstehands te aanskou.

Meer as 40 flieks is vanjaar by die fees vertoon.

Marius Weyers en Sandra Prinsloo is vir die eerste keer in twee dekades weer saam op die silwerdoek te sien in dié fliek. Gerrit Schoonhoven is die regisseur van dié prent wat in die Kaap afspeel.

Die fliek vertel die verhaal van Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), ʼn bekende Kaapstadse sielkundige, met ʼn topverkoperboek wat haar intellektuele standpunt oor die liefde onderskryf, hoewel haar lang en gelukkige huwelik met Ben (Marius Weyers) dit weerspreek.

Barry Strick, vervaardiger, het gesê dié toekenning spreek boekdele oor die hoë gehalte van die fliek.

Weyers en Prinsloo het saam in meer as 200 verhoogproduksies en meer as 35 vollengte flieks gespeel, maar was in 1989 laas saam op die groot skerm.

Lees Maroela Media se resensie oor Twee Grade Van Moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.