‘Unplanned’ vroeg in 2020 in plaaslike teaters

Die rolprent ‘Unplanned’ sal einde Februarie in uitgesoekte plaaslike teater wys. Foto: Verskaf.

Die rolprent Unplanned is ʼn inspirerende ware verhaal van een vrou se reis van transformasie.

Unplanned kom uit die pen van Cary Solomon en Chuck Konzelman, die skrywers en medevervaardigers van die rolprent God’s not dead. Hul jongste rolprent spreek een van die mees kontroversiële en polariserende onderwerpe van ons tyd aan; aborsie.

Ná tientalle aanlyn petisieveldtogte span Downtown Entertainment en TruthTV kragte saam om dié rolprent vanaf 28 Februarie 2020 in uitgesoekte Ster Kinekor- teaters in Suid-Afrika, Namibië en Zambië te vertoon.

In die eerste vyf minute van die rolprent ontmoet fliekgangers Abby en haar gesin. Al wat Abby Johnson, gespeel deur Ashley Bratcher, ooit wou doen, was om vroue te help.

Sy is een van die jongste direkteure vir Planned Parenthood se klinieke in die VSA wat tallose vroue raad gee oor hul voortplantings- en ouerskapkeuses. Haar passie vir die reg van ʼn vrou om te kan kies, spruit uit die feit dat sy self as jong vrou baie seer moes verwerk en keuses moes maak wat haar goeie voorbereiding sou bied vir die rol wat sy in ander vroue se lewens sou vertolk.

Abby het beide kante van die aborsiegesprek verstaan en was subjektief by meer as 22 000 aborsies betrokke… tot een dag met ʼn eerstehandse ervaring in ʼn teater wat tot lewensveranderende nagevolge vir Abby lei.

Die sewende minuut van Unplanned merk die begin van transformasie vir ʼn vrou wat nooit weer dieselfde sou wees nie. In so mate dat sy haar lewe en reputasie op die spel plaas om as passievolle en ywerige pro-lewe-woordvoerder op te staan en die wanbegrip van aborsies en lewe te verander.

Unplanned word deur resensente beskryf as ʼn eerlike verhaal met skokkende feite wat nie geïgnoreer kan word nie en persepsies sal skud.

  • Abby Johnson het telefonies met Maroela Media gesels oor haar lewensverhaal en die rolprent Unplanned wat hieroor gemaak is. Sy praat ook oor die kritiek wat die fliek ontvang het en vrae wat mense oor die aangrypende verhaal het.

Hier is die lokprent van Unplanned:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.