[Video] Agter die skerms van ‘Krotoa’

Krotoa (Foto: Facebook)

Die nuwe veeltalige Suid-Afrikaanse fliek Krotoa, geskryf deur Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, word op 4 Augustus in Suid-Afrika uitgereik.

Maroela Media deel nou eksklusief ʼn agter-die-skerms-kykie met die akteurs Armand Aucamp, Deon Lotz, Jacques Bessenger en Crystal-Donna Roberts wat in dié fliek te sien is.

Krotoa, ʼn geskiedkundige drama, vertel die storie van ’n vurige 11-jarige Khoi-prinses wat van haar mense weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck, die eerste goewerneur van die Kaapse kolonie en haar oom se handelsvennoot, te gaan werk.

Sy word na die eerste fort, wat in 1652 deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie opgerig is, geneem waar sy onder meer leer om die Nederlandse taal en kultuur goed te verstaan. Sy word ’n invloedryke tolk vir Van Riebeeck (Armand Aucamp) sowel as vir haar eie mense. Vasgevang tussen dié twee kulture probeer sy om dié twee wêrelde met mekaar te versoen.

Aucamp vertel hy moes deeglik navorsing doen om die rol van Jan van Riebeeck te kan vertolk.

“Ek was gefassineer oor hoe my persepsie oor hom verkeerd was. Hy was ʼn avonturier en ʼn man met baie respek vir die inheemse kulture en eintlik enige land. Hy was ʼn ambagsman gewees en hy het ʼn wonderlike storie om te vertel,” sê hy.

Bessenger – wat die rol van Pieter van Meerhoff vertolk – sê hy kon veral vereenselwig met sy karakter.

“Dit was moeilik om inligting oor Pieter van Meerhoff te kry – daar is nie baie oor hom geskryf nie. Daar is baie dele van die karakter waarmee ek vereenselwig en wat vir my sin maak. Dit sluit onder meer sy passie vir die natuur in. Hy is ook nie bang om lief te hê nie; liefde is nie vir hom ʼn probleem nie, en dit was vir my maklik om te vertolk.”

Vir meer inligting besoek Krotoa se Facebook-blad.

https://youtu.be/sxLeH-WsAc0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hans ·

Is van mening dat hierdie rolprent maar n politieke korrekte uitbeelding is

Ds Geelwortel ·

Interessant dat hierdie insetsel geen Afrikaans onderskrifte het wanneer die akteurs in !Nama of !Xhoisan praat nie, maar wanneer een van die akteurs Engels praat is daar (onnodige) Engelse onderskrifte vir sy dialoog.

Verrou die fliek gaan nie ‘n politiek-korrekte herinterpretasie van die verlede wees ten koste van die waarheid nie.

Willem ·

Van al die stories wat nou oor daardie tydperk vertel kan word …

Afrikaanse Knaap ·

Ek gee nie regtig om wat die agenda van die film is nie. Ek dink dit gaan ‘n lekker een wees om te kyk.
Ek het lanklaas ‘n Afrikaanse fliek gekyk.

Daghregister van J v R ·

Februario anno 1655
10en do. Jan van Riebeeck skryf hier o.a. die volgende: “Soo wisten oock te seggen dat haer d’jnwoonders beduijden datse in groote menighte omtrent onse fortresse meenden te comen, metvoornemen omme bij goede gelegentheijdt ons te overvallen ende coper (dat wij veel binnent fort hadden) wegh te roven . . . ” Dan verder “Gister avondt is ‘t noch gebeurt dat omtrent 50 personen vandese inwoonders dight op de cant vanm de graght onser fortresseeenige huijsjes willen maken . . . . wel stoutelijck te kennen gaven dattet niet ons maer haer iejgen landt was . . . datse ons dan met menighte volcq uijt lant soude overvallen ende dootslaen . . . ”
Kortweg beteken dit dat hulle (die inwoners) teen die fort wou kom plak en bewus was van die koper en dit wou kom steel. Hulle sê ook dat dit hulle land is en Jan van Riebeeck en sy mense gaan doodmaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.