Video: Agter die skerms van ‘My Father’s War’


My Father's War (Foto: Facebook via Edwin van der Walt)

My Father’s War (Foto: Facebook via Edwin van der Walt)

Die tweetalige fliek, My Father’s War, begin op 5 Augustus landwyd in teaters draai. Maroela Media deel eksklusief ʼn agter-die-skerms-kykie van dié fliek.

My Father’s War fokus op die gebroke verhouding tussen ʼn pa en sy rebelse tienerseun. Dit speel af in 2003 en vertel van die verhouding tussen die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt) wat deurgaans met sy pa, Dawid (Stian Bam), ʼn veteraan van die Grensoorlog, baklei.

Die twee mans kan oor niks saamstem nie en Dawid se vrou, Karina (Erica Wessels), word in die middel van hul epiese worsteling vasgevang.

Wanneer Dap ’n reeks drome kry waarin hy ’n gevegsoldaat tydens die Grensoorlog in die 1980’s is en sy pa op sy ouderdom ontmoet, verander alles.

Edwin het vroeër in ʼn onderhoud met Maroela Media gesê dié unieke storielyn het hom dadelik aangegryp. “Ek dink daar is baie mense wat sit met dinge waaroor hulle nog nie gepraat het nie of dinge wat onopgelos is. Baie mense sal hierby aanklank vind omdat dit nie net gaan oor die oorlog nie, maar ook oor alle verhoudings in die algemeen.”

Die akteur vertel ook fliekgangers kan uitsien na verskeie aksiebelaaide tonele in My Father’s War. “Ek sien die meeste uit na die ontploffings en die gewere. Ek dink dit gaan die eerste keer wees dat mense die operasies van die soldate sien soos dit werklik gebeur het. Daar het baie navorsing ingegaan om dit histories korrek te maak. Dit laat jou as kyker eintlik besef waaroor die oorlog werklik gegaan het, en jou vooropgestelde idees verander dan.”

Ander akteurs sluit in Neels Clasen, Hannes Muller, Meren Reddy, Fumini Shulubana, Jai’prakesh Shewram en David Rees.

My Father’s War word op 5 Augustus landwyd in teaters vrygestel.

Besoek My Father’s War se Facebook-blad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Will i am ·

As ek so om my kyk wonder ek maar net waarvoor het ons die bosoorlog baklei. Om vermoor te word vandag en jy mag nie terug baklei.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.