Video: Agter die skerms van ‘Sy klink soos lente’

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Maroela Media het agter die skerms gaan kuier om meer te wete te kom oor die romantiese komedie, Sy klink soos lente.

Die draaiboekskrywer en akteur Stiaan Smith, sê dié fliek gaan fliekgangers “verskeie emosies laat voel”. “Dit is ʼn storielyn waarmee mense hulle kan vereenselwig. Die werktuigkundige raak verlief op die grênd girl, en omdat sy so vreeslik fênsie is, voel hy dat hy nie goed genoeg is vir haar nie. Hy begin dan ʼn band om haar te beïndruk, maar natuurlik sal sy dit later uitvind,” het Stiaan vertel.

Die aktrise Tina Kruger verduidelik die fliek is geskoei op die ou resep van romantiese komedie. “Maar dit is soveel verbeter en aan gewerk. Mense kan ʼn uur en ʼn half van genot verwag. Bring maar die sneesdoekies saam,” het sy vertel.

Sy klink soos lente, begin op 30 September landwyd in teaters draai.

Die fliek word ook op 17 September by Maroela Media se Buitelugbioskoop vertoon. Hou gerus Maroela dop vir meer inligting oor kaartjies.

Vir meer inligting, besoek die Sy klink soos lente Facebook-blad.

Kyk ook die musiekvideo van Sy klink soos lente, gesing deur Bouwer Bosch, onderaan die video.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.