[Video] Agter die skerms van ‘Uitvlucht’

Uitvlucht  begin op 13 Mei in teaters landwyd draai. Foto: Verskaf

Uitvlucht begin op 13 Mei in teaters landwyd draai. Foto: Verskaf

As jy jou hand oorspeel, gaan jy jou vingers verbrand. Só vertel Regardt van den Bergh se nuwe Afrikaanse fliek, Uitvlucht, wanneer Anna (Clara Joubert van den Bergh) alles in haar lewe verloor omdat sy met vuur speel.

Van den Bergh, wat die skrywer, regisseur en vervaardiger van Uitvlucht is, sê die fliek gaan kykers boei wanneer dit op 13 Mei landwyd uitgereik word.

Die fliek vertel die verhaal van Anna, ’n konserwatiewe middelklasvrou, wat alles in haar lewe verloor. Tydens haar reis om selfontdekking en vergifnis, kry sy werk by ’n plaasskooltjie met die naam Uitvlucht.

Sy begin stelselmatig weer herstel, en besluit om die lewe weer vierkant in die oë te kyk en ontmoet in die proses ’n saggeaarde alleenloper-boer, Dok (Stian Bam), wat met haar bevriend raak en haar weer in haarself laat glo.

Sy ontdek ook weer haar rede om bestaan namate sy nouer betrokke raak by die kinders se geluk en hartseer, en tree op as heldin in hul lewens teen hul swaarkry, onder meer molestering, hul ouers en ander familielede se drankmisbruik, die gemeenskap wat die wet in eie hande wil neem en mense wat geen ontsag vir ander se leed het nie.

Anna vind die uitvlug waarna sy smag. Op haar beurt bring sy ook uitvlug na die skooltjie wat so desperaat veg om voort te bestaan, asook na die gemeenskappe waarin die mense slagoffers is van armoede en uitbuiting in haglike lewensomstandighede.

Ander akteurs soos Albert Maritz, Clyde Berning, Margot Luyt en Neels Coetzee is ook in die fliek te sien.

WEN: Drie gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen na die première van Uitvlucht by Cedar Square in Johannesburg op 5 Mei. Deur in te skryf, stuur jou antwoord op die volgende vraag, asook jou naam, van, kontaknommer en fisiese adres na [email protected]: Wanneer begin Uitvlucht  landwyd draai in teaters? Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie sluit op 28 April.

Kyk die agter die skerms video hier.

tian

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.