Maroela Media het onlangs met die akteurs Bouwer Bosch, Stiaan Smith en Amalia Uys gesels oor die nuwe Afrikaanse fliek, Sy klink soos lente.
Die amptelike première vir dié romantiese komedie het op 14 September in The Good Luck Bar in Johannesburg plaasgevind.
Die fliek is voorheen vertoon by Maroela Media en attooh! se Buitebioskoop, en begin op 30 September amptelik landwyd in teaters draai.
In die video vertel die akteurs oor die uniekheid van die fliek teenoor ander Afrikaanse romantiese komedies, en verklap wat hulle in die regte lewe sou doen om ʼn kêrel of meisie te beïndruk.
Sy klink soos lente is deur Bouwer Bosch Films en The Film Factory vervaardig.