[Video] Akteurs, vervaardigers gesels oor ‘Modder en Bloed’

Modder en Bloed. Foto: Facebook via Modder en Bloed

Modder en Bloed. Foto: Facebook via Modder en Bloed

Modder en Bloed, ʼn epiese periodefliek oor die Anglo-Boereoorlog, begin 1 April in teaters landwyd draai. Maroela Media het met sommige van die akteurs en vervaardigers gesels by Askari Game Lodge in Magaliesburg oor dié fliek en die storie rondom dit.

Dié fliek vertel die verhaal van Willem Morkel nadat sy vrou en kind in die Anglo-Boereoorlog in 1901 vermoor is.

Ná die dood van sy vrou en kind word Morkel (Stian Bam) verban na St. Helena waar hy saam met ander krygsgevangenes aangehou word. Tydens die gevangenskap is daar geen genade nie en leef hulle in haglike omstandighede. Hoewel elke dag ’n stryd om oorlewing is, moedig dit kameraadskap onder die gevangenes aan en raak hulle so heg soos ’n familie.

Stian Bam het vertel mense kan baie verwag van sy karakter in die fliek. “Morkel is ʼn natuurlike leier en iemand wat vreeslik strategies dink. Maar hy was ook ʼn goeie boer en ʼn gewone mens, en vandaar het sy natuurlike instink om die leier te wees, selfs onder druk, hom ʼn simbool van die Afrikaner gemaak,” vertel Stian Bam oor sy karakter.

Jaco Muller, wat die rol van Giepie “Rot” Nel vertolk, sê die storie is boeiend omdat kykers weet sommige situasies het werklik gebeur. “Die lewe vir die gevangenes in die fliek is moeilik en dinge gaan nie goed nie. Hulle word heeldag rondgejaag en moet klippe aandra. Dis werklik ʼn boeiende storie.”

Albert Maritz, in die rol van Isak Naude, sê Modder en Bloed vertel ʼn belangrike storie. “Baie mense gaan seker vra hoekom dit nodig is om weer so ’n verhaal te vertel. Op dié kantelpunt in die tydvak van ons land is dit belangrik dat mense weer herinner word aan die geskiedenis van die Suid-Afikaner.”

Llewellyn Greeff, vervaardiger, sê die storie is ook spesiaal geskryf sodat hy oorsee kan reis.

Akteurs soos Deon Lotz, Edwin van der Walt, Albert Maritz, Altus Theart, Jacques Bessenger, Bok van Blerk, Michael Richard en David Louw maak hul verskyning in die prent. Britse akteurs soos Charlotte Salt (Katherine Sterndale), Patrick Connolly, Nick Cornwall en Josh Myers is ook in die fliek te sien.

Kyk die video hier. Besoek Askari Game Lodge se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

trots ·

Dankie doen so voort maak nog daar is Groot Nood vir daar dié Trots en Kopomhoog gevoel.

Maria van Dieweeck ·

Uiters belangrik, kyk hoeveel sukses is behaal deur swart stories oor en oor te draai (al is meeste daarvan totaal verdraai).

Pieter.v ·

Kom ons kry van die oorlewendes wat mishandel is en oorleef het in die helkampe van die anc soos Quadro en nog n paar ander kampe, en mense wie se geliefdes met die halsnoer metodes vermoor is om van hul ondervindigs te vertel en en maak n film van die anc se ware geskiedenis, oordaardie deel van geskiedenis swyg hulle soos die dood.

Frans Maritz ·

Kom nou Albert Maritz ‘n mens so nou dink jy sou weet dit was nie Afrikaners nie dit was Boere. Na meer as ‘n hondered jaar is dit tyd dat die groot leeun ophou en dat die waarheid vertel die word. Dit was die Anglo Boer Oorlog nie die Anglo Afrikaner Oorlog nie.

Sarie Malherbe ·

Net n vraag oor die storie van die naam Spingbok – is dit n ware verhaal?
Baie inspirerend. Hou moed Afrikaners en Boere veral in vandag se tyd. Belangrike les – kom ons staan saam

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.