[Video] Amptelike lokprent van ‘My Father’s War’ vrygestel

Stian Bam in My Father’s War (Foto: Verskaf)

Stian Bam in My Father’s War (Foto: Verskaf)

Die amptelike lokprent vir die nuwe tweetalige fliek, My Father’s War, is die afgelope week vrygestel.

My Father’s War, ʼn fliek in Afrikaans en Engels, fokus op die gebroke verhouding tussen ʼn pa en sy rebelse tienerseun. Dit speel af in 2003 en vertel van die verhouding tussen die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt), wat deurgaans met sy pa, Dawid (Stian Bam), ʼn veteraan van die Grensoorlog, baklei. Die twee mans kan oor niks saamstem nie en Dawid se vrou, Karina (Erica Wessels), word in die middel van hul epiese worsteling vasgevang.

Wanneer Dap ’n reeks drome kry waarin hy ’n gevegsoldaat tydens die Grensoorlog in die 1980’s is en sy pa op sy ouderdom ontmoet, verander alles.

Edwin sê dié fliek het hom baie geleer oor liefde, verhoudings en die waarheid. “Dit vorm deel van ʼn seisoen in my lewe en om saam met my mentor, Stian Bam, te kon speel, was en sal altyd vir my ʼn hoogtepunt bly. Dit was ʼn baie uitdagende proses, maar ongelooflik verrykend.”

Die fliek wil ook gebroke verhoudings tussen kykers herstel. “Ek hoop en glo dat die fliek ʼn stap in die regte rigting kan wees vir mense om persoonlike verhoudings gesond te maak. Voordat ek ʼn wond kan genees, moet hy eers rou wees. Ek hoop almal leer meer oor die Grensoorlog en die uitwerking daarvan destyds op ons oupas, broers en pa’s,” het hy vertel.

“En ek hoop my eie pa, wat ook deel was van die Grensoorlog, kan soos ʼn hero voel wanneer hy daarna kyk.”

Ander akteurs sluit in Neels Clasen, Hannes Muller, Meren Reddy, Fumini Shulubana, Jai’prakesh Shewram en David Rees.

My Father’s War word op 5 Augustus 2016 landwyd in teaters vrygestel. Dit word vervaardig deur Lion Mountain Films en uitgereik deur Ster-Kinekor Entertainment.

Besoek My Father’s War se Facebook-blad vir meer inligting. Lees meer oor die fliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Nogal ‘n probleem onder ons Afrikaners (en soos ek hoor, by die swartmense ook)…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.