Leon van Nierop bied binnekort ʼn filmwaarderingswerkswinkel aan tydens Maroela Media se Buitebioskoop op 12 September by die Botaniese Tuin in Pretoria.
Maroela bied dié buitelugfliekpiekniek aan om Afrikaans se 90ste bestaansjaar as amptelike taal te vier. Fliekvlooie kan daarna uitsien om Die Pro, Hollywood in my Huis en Die Wonderwerker onder die sterre te kyk.
Maroela Media het onlangs tydens die Silwerskermfees in Kampsbaai, Kaapstad, met Leon gesels oor dié drie flieks. Hy verduidelik waarom dit goeie flieks is om te sien, selfs al is dit vir ʼn tweede keer! Hy gesels ook oor die nostalgie van fliek in die buitelug.
Pak gerus jou piekniekmandjie en kom fliek saam! Lees meer oor die geleentheid. Kaartjies is hier beskikbaar teen R95.00 per persoon. Kinders onder 7 gratis. Leon van Nierop se fliekresensiewerkswinkel kos R70.00 per persoon. Jou kaartjie sluit toegang tot die Botaniese Tuin, vermaak en die drie rolprente in.
Ek is opsoek na 2 kaartjies groot asseblief my e-pos adres is [email protected] as enige iemand kaartjies wil verkoop.