[Video] Dis ek, Anna – dié fliek moet gesien word

Charlene Brouwer gesels oor "DIs ek, Anna. Foto: Burger Meyer

Charlenè Brouwer gesels oor “DIs ek, Anna. Foto: Burger Meyer

Die fliekweergawe van die bekende roman Dis ek, Anna is verlede naweek bekendgestel en het in sy openingsnaweek nagenoeg R773 160 by die loket ingebring. Die rolprent beklee ook tans die nommer 3-posisie uit die top-10 rolprente by die plaaslike loket.

Die fliek kombineer Anchien Troskie (Elbie Lötter) se boeke, Dis ek, Anna en Die staat teen Anna Bruwer, en sluit akteurs soos Marius Weyers, Nicola Hanekom, Elize Cawood, Izel Bezuidenhout en Charlenè Brouwer in.

Vroeër vanjaar het dié fliek tydens die kykNET Silwerskermfees weggestap met die toekennings vir beste rolprent, beste regisseur (Sara Blecher) asook beste akteur (Morné Visser). Die film het ook groot lof van plaaslike resente ingeoes. Dis ek, Anna is nou op pad na Europa vir ’n reeks vertonings by internasionale rolprentfeeste.

Maroela Media het vroeër vanjaar met Charlenè Brouwer en Izel Bezuidenhout oor die rolprent gesels.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Huibrecht ·

Dit is n wakker skrik fliek. Bewys eenvoudig LUISTER NA JOU KINDERS. HULLE IS KOSBAAR

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.