Video: Dis groot pret onder die sterre met #FliekOpDieVeld-toer

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

AfriForum het die afgelope naweek die Afrikaanse fliek Modder en Bloed as deel van sy #FliekOpDieVeld-toer onder die sterre by die Askari Game Lodge in Magaliesberg vertoon. Laatslapers hoef hulle egter nie te bekommer nie, aangesien dié toer tot in Desember vanjaar en in nog minstens drie provinsies aangebied gaan word.

Die burgerregte-organisasie het vroeër gesê hy beoog om 36 dorpe in sewe provinsies saam met die rolprentspan van Modder en Bloed te besoek, waartydens dié rolprent op ʼn groot buitelugskerm vertoon sal word.

Die opbrengs van die #FliekOpDieVeld-vertoning by Askari Game Lodge gaan onder meer vir die stryd teen renosterstropery.

Dié geld gaan ook gebruik word om renosters te onthoring en vir veeartskoste te betaal.

Beatrice Pretorius, AfriForum se nasionale projekkoördineerder, het gesê dié toer ploeg in die verskeie gemeenskappe deur ʼn geleentheid te skep om geld in te samel. “Dit bied mense ook die geleentheid om ons Afrikaanse rolprente te ondersteun en te geniet waar daar nie noodwendig fliekteaters nie. Modder en Bloed leer fliekgangers terselfdertyd ook oor hulle geskiedenis en waar hulle vandaan kom.”

Die toer gaan nog onderneem word na die Vrystaat, Noord-Kaap en die Wes-Kaap.

Kaartjies vir die vertonings kos R60 per persoon en is beskikbaar by iTickets.

Vir meer inligting, stuur ʼn e-pos na [email protected] of [email protected].

Besoek ook Modder en Bloed of AfriForum se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JC ·

Een van die oulikste inisiatiewe ooit, en die akkuraatste (maar terselfdertyd omdat dit so akkuraat is-baie wreed) en feitelike Afrikaanse films ooit!
Afriforum is befonk!! Ek hoop Modder en Bloed(oftewel in Engels Blood & Glory) word nog ‘n treffer wereldwyd :-)

JC ·

Een van die oulikste inisiatiewe ooit, en die akkuraatste (maar terselfdertyd omdat dit so akkuraat is-baie wreed) en feitelike Afrikaanse films ooit!
Afriforum is befonk!! Ek hoop Modder en Bloed(oftewel in Engels Blood & Glory) word nog ‘n treffer wereldwyd!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.