[Video] Donnalee en Ivan weer saam op die grootskerm

Donnalee Roberts en Ivan Botha in hulle nuwe fliek 'Vir altyd'. Foto: Verskaf.

Donnalee Roberts en Ivan Botha in hulle nuwe fliek ‘Vir altyd’. Foto: Verskaf.

Donnalee Roberts en Ivan Botha het verlede jaar fliekgangers bekoor met hul uiters suksesvolle rolprent, Pad na jou hart, en nou is hulle binnekort weer op die grootskerm te sien in die fliek Vir altyd.

Vir altyd is ’n romantiese avontuurfilm wat deur dieselfde skrywers, vervaardigers en regisseur as Pad na jou hart gemaak is.

Die film begin in die mooi wingerde van die Paarl in die Wes-Kaap en die avontuur vat behoorlik vlam op die prag-eiland, Mauritius.

Vir altyd word na verwagting op 12 Februarie 2016 bekendgestel, maar diegene wat te nuuskierig is oor dié nuwe fliek kan dit binnekort op die boekrakke opspoor. Vir altyd volg die nuwe neiging van rolprente wat eers in boekvorm bekendgestel word en die romanweergawe, verwerk deur Francois Bloemhof, sal van 26 Oktober 2015 beskikbaar wees.

Die amptelike lokprent vir die fliek word op 28 Oktober bekendgestel, maar loer gerus intussen na die lusmakerlokprent.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.