[Video] Eerste kykie na Leah, Diaan en Quanita as ‘Susters’

Diaan Lawrenson, Leah en Quanita Adams (Foto: Verskaf)

Die lokprent vir die nuwe Afrikaanse fliek waarin Leah, Diaan Lawrenson en Quanita Adams as susters te sien is, is Vrydag amptelik bekend gestel.

Dié fliek vertel die verhaal van drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en herenig word wanneer hulle op ʼn ontdekkingsreis gaan ná die dood van hul ma.

Die sangeres Leah, wat ook bekend is vir haar rolle in As jy sing en Sterlopers, het vroeër vertel dié fliek is “gevul is met teer herinneringe, interessante karakters, mooi besienswaardighede en hope pret”.

“Die fliek gaan baie dinge in mense aanwakker en talle gaan hulle daarmee kan vereenselwig. Dit is boonop prentjiemooi, want ons het die fliek in die mooiste dele van die land geskiet. Daar is ʼn soort kunstigheid daaraan en ek is baie opgewonde oor die uitreiking,” het sy vertel.

Corné van Rooyen is die regisseur. Die draaiboek is geskryf deur Corine du Toit en Sandra Vaughn. Die vervaardigers is Jenny Griesel en Johan Vorster.

Susters is ʼn samewerkingsprojek tussen Inhoud Huis Media en kykNET. Die fliek word einde Maart uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.