[Video] Eerste kykie na ‘My Father’s war’

Stian Bam, Erica Wessels en Edwin van der Walt. Foto: Verskaf

Stian Bam, Erica Wessels en Edwin van der Walt. Foto: Verskaf

Die lusmaker-lokprent vir die nuwe tweetalige fliek, My Father’s War, is onlangs vrygestel.

My Father’s War, ʼn fliek in Afrikaans en Engels, fokus op die gebroke verhouding tussen ʼn pa en sy rebelse tienerseun. Dit speel af in 2003 en vertel van die verhouding tussen die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt), wat deurgaans met sy pa, Dawid (Stian Bam), ʼn veteraan van die Grensoorlog, baklei. Die twee mans kan oor niks saamstem nie en daar is min hoop op versoening.

Dawid se vrou, Karina (Erica Wessels), is in die middel van hul worsteling vasgevang.

Dinge verander egter drasties toe Dap een aand droom hy is ʼn soldaat tydens die Grensoorlog in die 1980’s. In die droom ontmoet hy sy pa op sý ouderdom en hierdie drome verander heeltemal sy persepsie van sy pa en sy lewe.

Ander akteurs sluit in Neels Clasen, Hannes Muller, Meren Reddy, Fumini Shulubana, Jai’prakesh Shewram en David Rees.

My Father’s War word op 5 Augustus 2016 landwyd in teaters vrygestel. Dit word vervaardig deur Lion Mountain Films en uitgereik deur Ster-Kinekor Entertainment.

Lees meer oor die fliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

See ·

Dit is n oulike storielyn, maar teen Augustus het ek al daarvan vergeet. Plaas asseblief Dan weer n artikel oor die fliek, en plaas asseblief nou artiekels oor flieks wat ons nou kan gaan kyk soos mossie van wyk en uitvlug.

Christo Krause ·

Die meeste van die “skakels” na video’s werk nie.

Groete,

JCK

Landi Slatter ·

Dagsê JCK

Ons kan bevestig dat ons nie ‘n tegniese probleem aan ons kant sien nie. Watter toestel (rekenaar, tabletrekenaar, selfoon) gebruik jy om Maroela mee te besoek? Ondervind jy dieselfde probleme op ander berigte, of is dit spesifiek net hierdie berig? Kontak ons gerus by [email protected] as ons verder ‘n probleemoplossing moet doen.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.