[Video] Eerste voorsmaak van Anel Alexander se nuwe hartroerende fliek

Anel Alexander is te sien in die fliek 'Sink' wat na verwagting in Maart 2016 bekendgestel word. Foto: Skermskoot uit video.

Anel Alexander is te sien in die fliek ‘Sink’ wat na verwagting in Maart 2016 bekendgestel word. Foto: Skermskoot uit video.

Die nuwe plaaslike rolprent, Sink, is onlangs vir die eerste keer by die kykNET Silwerskermfees vertoon en het weggestap met vyf toekennings, onder meer vir beste draaiboek en beste aktrise (Shoki Mokgapa).
Die fliek is gegrond op die boek, Rachel Weeping, deur Brett Michael Innes wat ook die draaiboek geskryf en die regie van die fliek behartig het.

Dit vertel die storie van ʼn Mosambiekse huishulp wat werk vir ʼn gesin in Johannesburg. Nadat haar dogtertjie tragies onder toesig van haar werkgewer sterf, moet sy besluit of sy teruggaan Mosambiek toe of bly werk vir die gesin om haar visum te behou en sodoende vir haar eie gesin in Mosambiek te kan sorg.

Kyk hier na die eerste lokprent vir die hartroerende fliek. Die eerste volledige lokprent sal na verwagting einde Oktober bekendgestel word. Die fliek word na verwagting Maart 2016 bekendgestel.
Met Shoki Mokgapa, Anel Alexander en Jacques Bessenger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.