Video: Eksklusief: André Lötter vertel oor ‘Eintlik nogal baie’

André Lötter (Foto: Verskaf)

André Lötter (Foto: Verskaf)

Die akteur André Lötter, wat een van die hoofrolle in die nuwe Afrikaanse fliek Eintlik nogal baie vertolk, deel ʼn agter-die-skerms-kykie van dié fliek eksklusief met Maroela Media.

Maroela Media was ook Donderdag by die amptelike première van dié romantiese komedie by Emperors Palace in Johannesburg.

Eintlik nogal baie vertel die storie van Jay van Niekerk (André Lötter), ʼn aantreklike maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder, wat sy lewe deeglik onder beheer het.

Alles verander egter wanneer hy vir Ally (Marissa Drummond) ontmoet. Sy is pragtig, vry van gees en op ʼn reis van selfontdekking. Te danke aan omstandighede buite hul beheer word hulle, teen Jay se sin, op ʼn avontuur gedwing. Ongeag hul botsende geaardhede, raak hulle al hoe meer aangetrokke tot mekaar en word dit heeltemal onvermydelik om verlief te raak.

Dié fliek is gebaseer op die draaiboek, Ally.

Eintlik nogal baie begin op 4 November in teaters draai.

Vir meer inligting, besoek die fliek se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sue-ann ·

Ek hoop in hierdie afrikaanse fliek is minder vloekwoorde. Gister weer ń afrikaanse fliek gaan kyk en my voorgeneem dit is die laaste keer, want dit wemel van vuil taal. Het ons al so verval …… Sal liewer tuisbly en n goeie boek lees.

Fliekvlooi ·

Sue-Ann, ek was by die premiere gewees Donderdag en die fliek wemel glad nie van vuiltaal nie. Dis jammer dat daardie fliek jou so afgesit het, Afrikaanse flieks het baie meer ondersteuning nodig om te kan gedy. Vir die taal om te gedy is films in Afrikaans van kardinale belang! Ek hoop jy kan teruggewen word vir die medium.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.