[Video] Eksklusief: Marcel van Heerden praat oor ‘Twee grade van moord’

Marcel van Heerden ('n Skermskoot uit die video)

Marcel van Heerden (‘n Skermskoot uit die video)

Die Afrikaanse fliek, Twee Grade Van Moord, begin vandag landwyd in teaters draai. Maroela Media deel nou eksklusief ʼn agter-die-skerms-kykie van Marcel van Heerden wat die staatsaanklaer in die fliek speel.

Dié fliek het vroeër in Julie die toekenning vir die beste fliek by die Indie Karoo-filmfees gewen.

Die geliefde akteurs Marius Weyers en Sandra Prinsloo is vir die eerste keer in twee dekades weer saam op die silwerdoek te sien in dié fliek.

Temas soos genadedood word in die film hanteer. Anita le Roux, draaiboekskrywer van die fliek, het by die première aan Maroela Media gesê sy hoop die film dien as ʼn soort ysbreker sodat mense kan begin om oor dié kwessie te praat. “Die dood is nie iets waarvan ons moet wegskram of bang wees om oor te praat nie. Ons moet daaroor kan praat.”

Sandra Prinsloo, wat die rol van Aleksa vertolk, sê Twee grade van moord is ʼn film met diepte. “Met die lees van die teks het ek gevoel hier is iets wat werklik lyf het en wat geldige vrae vra. Die rolle wat ek en Marius [Weyers] vertolk, is ook interessant omdat die twee karakters ʼn liefdesverhouding, ʼn werklike liefdesverhouding, het.”

Weyers speel die rol van Ben, Aleksa se man. “Hierdie fliek is anders, want dit handel oor ʼn baie ernstige kwessie wat soveel mense raak, maar soos wat dit met die menslike wese gaan, al is dit hoe ernstig, is daar altyd iets snaaks wat gebeur. Ek dink Anita het dit baie goed vasgevang. Twee grade van moord gaan hoofsaaklik oor ʼn liefdesverhaal,” het hy verduidelik.

Lees ook Maroela Media se resensie oor die fliek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kees ·

Hierdie grade van moord vat nou oor soos pokemon go en ek weet nie eers wat dit is nie, lyk my ek raak oud.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.