[Video] Glo jy in onvermydelike liefde?

Marisa Drummond (Foto: Maroela Media/Kobus Bezuidenhout)

Marisa Drummond (Foto: Maroela Media/Kobus Bezuidenhout)

Akteurs van die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik nogal baie, en talle ander bekendes het Donderdagaand by Emperors Palace in Johannesburg saamgedrom vir die fliekpremière van dié romantiese komedie, en almal was dit eens: Hulle gló in onvermydelike liefde.

Dié fliek vertel die storie van Jay van Niekerk (André Lötter), ʼn aantreklike maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder, wat sy lewe deeglik in beheer het.

Alles verander egter wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet. Sy is pragtig, vry van gees en op ʼn reis van selfontdekking. Te danke aan omstandighede buite hul beheer word hulle, teen Jay se sin, op ʼn avontuur gedwing. Ongeag hul botsende geaardhede, raak hulle al hoe meer aangetrokke tot mekaar en word dit heeltemal onvermydelik om verlief te raak.

Die pad vorentoe is nie sonder hindernisse nie en Ally se oorbeskermende pa, asook haar ekskêrel, plaas verskeie struikelblokke in Jay se pad om homself as waardig te bewys.

Zak Hendrikz (Foto: Maroela Media/Kobus Bezuidenhout)

Zak Hendrikz (Foto: Maroela Media/Kobus Bezuidenhout)

Dié fliek is gebaseer op die draaiboek, Ally. Eintlik nogal baie is geskryf en vervaardig deur Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen. Jacques Brand het die regie behartig.

Die temalied van die fliek, “Eintlik Nogal Baie”, is vroeg in Augustus 2016 vrygestel en kan reeds op talle radiostasies landwyd gehoor word. Die 1925Band, wat spesiaal deur die vervaardigers genader is om deel te wees van die projek, sing die liedjie.

Maroela Media het die akteurs en ander bekendes gevra of hulle glo in onvermydelike liefde, en watter avontuur hulle sou wou aanpak as só ʼn avontuur onfwendbaar sou wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.