Die legendariese filmmaker Jans Rautenbach se eerste fliek in meer as 30 jaar, Abraham, begin vandag by die loket.
Jans, wat bekend is vir flieks soos Die kandidaat, Pappalap en Jannie totsiens, se nuwe fliek is verlede jaar tydens die kykNET Silwerskermfees bekendgestel.
Abraham is ʼn ware verhaal uit Jans se lewe en hy maak self ʼn draai in die fliek. Hannes Muller vertolk die jonger Jans terwyl Franci Swanepoel die rol van sy vrou vertolk.
Jans het die draaiboek geskryf en die regie behartig terwyl Koos Roets as kinematograaf opgetree het.
Maroela Media het met Jans gesels oor sy ervaring om ná 30 jaar weer ʼn film te maak. Hy vertel ook van die minimalistiese en eerlike benadering wat hulle gevolg het wat beligting betref, asook wat hy dink van die jonger generasie se filmmakers.
Sjooooo……sien uit na die ene ……Dankie oom Jans !!!!!
Ek kan nie wag om die fliek te sien nie. Jans Rautenbach het sy plaas by my oupa grootjie gekoop en hierdie fliek is daar geskiet op Vlakteplaas.
So pas vir Abraham op die grootskerm gesien.Dit is briljant.Janus Rautenbach is n genie.DJ Mouton bring soveel energie en eerlikheid as Abraham. Sy spel is verslawend.n Blink toekoms wink vir hom.Sou hom graag wou sien in Vlugtig deur die hel .
Nou wanneer kom die DVD? Ek dag dit sal n goeie geskenk maak vir familie in Europa maar dit lyk my dis nog nie beskikbaar nie.