[Video] Jong akteurs gesels oor Die Pro

Die Pro. Foto: Verskaf.

Die Pro. Foto: Verskaf.

Edwin van der Walt was vroeër vanjaar in twee van die jaar se grootste flieks te sien, naamlik Ballade vir ʼn Enkeling en Hollywood in my Huis en binnekort is hy ook op die skerm in Die Pro saam met Viljé Maritz, Reine Swart en Neels van Jaarsveld.

Die fliek is gegrond op Leon de Villiers se voorgeskrewe boek met dieselfde titel en handel oor tieners, branderplank-ry en verlies.

Die première van dié fliek is onlangs in Johannesburg gehou en Maroela Media het met ʼn paar van die akteurs oor daaroor  gesels.

Die Pro is op Saterdag 12 September by Maroela Media se Buitebioskoop te sien en begin op 18 September by die loket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Piet Pompies ·

Ons is dankbaar oor die ontploffing van nuwe Afrikaanse flieks, nuwe akteurs. Net een groot problem, dieselfde storie lyn oor en oor. Man en meisie is verlief, meisie voel benadeel en gaan soek groener weivelde en ontmoet die ongewone ander man en raak verlief. Die eerste man kom soek sy meisie op net om uit te vind sy is op iemand anders verlief. Met sy mag en geld wil hy haar terug vat na sy tuiste, meisie stem in maar op die laaste besef sy, sy is verlief ongewone man. Die einde….
Vat die skryfpen op en gee vir ons ‘n Afrikaanse komedie, aksie vliek. Kan nie wag….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.