[Video] Juanita de Villiers vertel oor Afrikaanse rillerfliek

die-ontwaking-juanita-de-villiers

Juanita de Villers vertolk die rol van die speurder Ella Nesser. Foto: Facebook.

Kyk nóú die eksklusiewe vrystelling van ʼn video-onderhoud met die aktrise Juanita de Villiers wat ʼn hoofrol vertolk in die nuwe Afrikaanse sielkundige riller, Die Ontwaking, op Maroela Media.

Die fliek verken hoe gemeenskappe getraumatiseerde, diep gewonde individue oplewer wat hulle uiteindelik tot gewelddadige gedrag wend en selfs in psigopate kan ontaard.

Die fliek ondersoek die komplekse en dinamiese verhouding tussen die geestelik versteurde, dog simpatieke Abel Lotz (Gys de Villiers) en ’n mooi jong speurder, Ella Nesser (Juanita de Villers), wat pas aangestel is om moordsake op te los.

In dié fliek is Lotz die eienaar van ’n klein galery wat spesialiseer in Afrikamaskers en kuns. Dié maskers is gewoonlik die vel van mooi vroue wat deur Lotz vermoor word. Sal Nesser hom in sy spore kan stuit en sy jag op mooi jong vroue kan stuit?

’n Sterbelaaide rolverdeling met onder andere Gérard Roedolf, Paul Eilers, Morné Visser en Armand Aucamp in uiteenlopende rolle verleen swaartekrag aan die film.

Dié Afrikaanse misdaadriller is gegrond op die bekroonde skrywer, Chris Karsten, se eerste boek van ’n trilogie met dieselfde naam.

Die Ontwaking word van 28 Februarie in teaters vertoon.

[wpvideo frhEf9zd]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.