[Video] Kry hier ’n voorsmaak van Regardt van den Bergh se nuwe fliek

Regardt van den Bergh se nuwe fliek 'Uitvlucht' wat in 2016  uitgereik word. Foto: Verskaf.

Regardt van den Bergh se nuwe fliek ‘Uitvlucht’ wat in 2016 uitgereik word. Foto: Verskaf.

Die eerste lokprent van Regardt van den Bergh se splinternuwe fliek, Uitvlucht, is bekendgestel.

Die fliek wat eers in 2016 die grootskerm sal tref, word later vandeesmaand by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai bekendgestel.

Uitvlucht vertel die storie van ʼn vrou wat werk kry by ʼn plaasskool nadat sy alles verloor het as gevolg van ʼn buite-egtelike verhouding. Bo en behalwe haar eie probleme wat sy moet hanteer word sy ook gekonfronteer met goed soos die drankmisbruik van leerlinge se ouers en kinders wat gemolesteer word.

Die draaiboek is geskryf deur Regardt en sy vrou, Clara Joubert van den Bergh, wat ook in die fliek te sien is.  Clara, wat ook onlangs in die gewilde televisiereeks Vlug na Egipte te sien was, het voorheen self by Uitvlucht in Jeffreysbaai skoolgehou. Regardt het reeds in 2012 al aan rooi rose vertel dat Clara se ervaring by die skool hom geïnspireer het om ʼn draaiboek te skryf. Regardt het ook die regie behartig.

Stian Bam, Carel Trichardt en Margot Luyt is ook deel van die rolverdeling.

Uitvlucht sal na verwagting in Mei 2016 by die loket begin draai.

https://www.youtube.com/watch?v=EUK6qyr5Sj4&feature=youtu.be

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ansie Geldenhuys ·

Karlien moes wens, sy het soos ‘n feetjie, lig op haar voete gedans.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.