[Video] Lokprent vir fliek oor Anglo-Boereoorlog

Modder-en-Bloed-Stian-Bam-05

Stian Bam vertolk die hoofrol in die nuwe fliek Modder en Bloed wat in April 2016 op die silwerskerm sal wees. Foto: Jacques ‘Jay’ Loots/Keyart.co.za

Die amptelike lokprent vir die fliek Modder en bloed is pas bekendgestel. Dié fliek vertel die verhaal van Willem Morkel nadat sy vrou en kind in die Anglo-Boereoorlog in 1901 vermoor is.

Ná die dood van sy vrou en kind word Morkel (Stian Bam) verban na St. Helena waar hy saam met ander krygsgevangenes aangehou word. Tydens die gevangenskap is daar geen genade vir hulle nie en leef hulle in haglike omstandighede. Hoewel elke dag ’n stryd om oorlewing is, moedig dit kameraadskap onder die gevangenes aan en word hulle so heg soos ’n familie.

In die fliek is kolonel Swannell (Grant Swanby), ’n man met ’n diepgewortelde haat vir die Afrikaner, in beheer van die konsentrasiekamp. Dit is teen hom wat Morkel ’n uitdaging aanvaar wat lei tot die belangrikste stryd van die Boere se lewe.

“Morkel is ʼn natuurlike leier en iemand wat vreeslik strategies dink. Maar hy was ook ʼn goeie boer en ʼn gewone mens, en vandaar het sy natuurlike instink om die leier te wees, selfs onder druk, hom ʼn simbool van die Afrikaner gemaak het,” vertel Stian Bam oor sy karakter.

Akteurs soos Deon Lotz, Edwin van der Walt, Albert Maritz, Altus Theart, Jacques Bessenger, Bok van Blerk, Michael Richard en David Louw maak ook hul verskyning in die prent. Britse akteurs soos Charlotte Salt (Katherine Sterndale), Patrick Connolly, Nick Cornwall en Josh Myers is ook in die fliek te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JOHNY ·

Klink na n baie goeie fliek om te kyk.Stel baie belang in my geskiedenis en ander volke of mense se geskiedenis Ons moet weet waar ons almal vandaan kom en waantoe ons almal op pad is

Johan ·

Ai Johny. Die film propageer sport. Rugby as teenvoeter vir ware weerstand in die realistiese stryd wat die Afrikaner mee gekonfronteer word vandag. Nou kan elke ‘warm Boerehart’ met die volgende rugby wedstryd met ‘n bier in die hand gaan plak op sy rusbank en homself verbeel: ‘Kyk hoe bied ons weerstand…!’ Ons stryd is werklik my mense. Kyk die film bloot vir ontspanning, maar moet nie dit as geskiedenis sien nie.

johny ·

HI Johan Dit is baie belangrik om rolprente te kyk om te weet wie lieg en wie vertel die waarheid.Ek het die nuwe Suid Afrikaanse geskiedenis boek gelees en alles is verdraai.Het jy geweet toe die duitsers in die tweede wereld teen die hele wereld geveg het het hulle nie daarvoor gevra nie.Die probleem kom al van die eerste wereld oorlog af Duitsland is verneder en in die tweede wereld oorlog is n paar passasiers bote met duitse vlugtelinge .Vrouens en kinders moetswillig deur sowet unie duikbote gesink en hulle le almal op die bodem van die see.Ek glo baie mense weet nie water onreg aan die Duitsers aangedoen is nie.Maar die HERE slaap nie.Kyk net hoe sterk staan Duitsland vandag en finasieel is hulle baie sterk en Duitsland is opgebou uit die Rommel van die oorlog.Die oorsese magde het brand bomme op hulle gegooi om hulle totaal te probeer verwoes en vrouens is verkrag deur die Sowjet unie soldate .En die Duitsers het in daardie tyd baie respek vir die boere gehad.N mens moet n muntstuk altyd van twee kante af bekyk voordat n persoon n oppinie lig en so is dit ook belangrik om na n rolprent te kyk om tot jou eie gevolgtrekking te kom.

Johan ·

Johny. Jy redeneer soos ‘n aap sy eie stert. Ek ken die wanvoorstellings teenoor Duistland. Mense kom daaraan deur flieks te beskou as geskiedenis. Hierdie fliek gaan ook nie die ware gedkiedenis weergee van die konsentasie kampe oor see nie. Die hoof fokus van die fliek is om vir die kykers te laat glo dat sport of rugby rekonsiliasie kan bewerk. Hulle doen dit met ‘n hoogsbelaaide emosionele konteks: ons geskiedenis. Los nou maar die Duitsers se tragiese geskiedenis. Dis buite die verband. Dis hoe mens jou eie stert in die rondte jaag…

Johan ·

Johny. Jy redeneer soos ‘n aap sy eie stert. Ek ken die wanvoorstellings teenoor Duistland. Mense kom daaraan deur flieks te beskou as geskiedenis. Hierdie fliek gaan ook nie die ware gedkiedenis weergee van die konsentasie kampe oor see nie. Die hoof fokus van die fliek is om vir die kykers te laat glo dat sport of rugby rekonsiliasie kan bewerk. Hulle doen dit met ‘n hoogsbelaaide emosionele konteks: ons geskiedenis. Los nou maar die Duitsers se tragiese geskiedenis. Dis buite die verband. Dis hoe mens jou eie stert in die rondte jaag…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.