[Video] Maya die by – in Afrikaans op die grootskerm

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die geliefde verhaal, Maya die by, word Vrydag landswyd in drie tale, Afrikaans, Engels en isiZulu op die grootskerm vrygestel.

Maya is ʼn nuuskierige bytjie met ʼn groot hart wat ʼn dramatiese avontuur beleef saam met haar beste maatjie, Willy. Dié twee moet poog om hul korf te beskerm en die volgehoue vyandskap tussen bye en perdebye probeer beëindig.

Ster-Kinekor gaan die fliek in al drie tale vertoon. Maya die by sal in Afrikaans vertoon word by teaters in Gauteng (Centurion, Brooklyn, Riversquare en Kolonnade); Rustenburg in Noordwes; en Garden Route, Somerset Mall en Tygervallei in die Wes-Kaap.

Van die bekende stemme wat gehoor kan word, sluit Elma Potgieter, Leandie du Randt, Karen Wessels, Magda van Biljoen, Lochner de Kock en Richard van der Westhuizen in.

Black Sheep Films behartig die verspreiding en die fliek sal vanaf 4 Desember op DStv se “Box office” beskikbaar wees, en ook vroeg in 2016 in Afrikaans op kykNET uitgesaai word.

Maya is die hoofkarakter in ʼn Duitse prenteboek deur Waldemar Bonsels, Die avonture van Maya die by. Die boek is oorspronklik in 1912 gepubliseer en is al in talle ander tale vertaal.

Koop kaartjies hier: Ster-Kinekor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

BoereBikerBaby ·

dis omtrend tyd om teken prente in ons eie tale op die groot skerm te bring. nou kan die kleintjies ook beter verstaan wat rolprente soos die kyk en nie net na die prente kyk nie. miskien is dit hoekom mens so sukkel met kinders wat nie luister nie, want hul net gewoond om te kyk en nie te verstaan nie…

Alicia ·

Wonderlik!!! Ek hoop dis die begin van baie flieks wat oorgeklank gaan word vir ons afrikaanse kindertjies!!! Kan nie wag nie – my Hemelkind gaan dit baie geniet :-)

André ·

Ja, een ding wat werklik kort en lelik afgeskeep word is Afrikaanse kinderprogramme. Dink regtig Kyknet kan beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.