[Video] ‘My Father’s War’: Sterre praat oor onontbeerlikhede vir ʼn première

Erica Wessels (Foto: Maroela Media)

Erica Wessels (Foto: Maroela Media)

Die amptelike première van die tweetalige fliek My Father’s War was Donderdagaand ʼn sterbelaaide geleentheid in Cedar Square in Johannesburg.

My Father’s War fokus op die gebroke verhouding tussen ʼn pa en sy rebelse tienerseun. Die prent speel af in 2003 en vertel van die verhaal van die 19-jarige Dap Smit (Edwin van der Walt) wat deurgaans met sy pa, Dawid (Stian Bam), ʼn veteraan van die Grensoorlog, baklei.

Die twee mans kan oor niks saamstem nie en Dawid se vrou, Karina (Erica Wessels), word in die middel van hul epiese worsteling vasgevang.

Wanneer Dap ’n reeks drome kry waarin hy ’n voetsoldaat tydens die Grensoorlog in die 1980’s is en hy sy pa op sy ouderdom ontmoet, verander alles.

Maroela Media het met die sterre op die rooi tapyt gesels om te hoor wat die vyf móét-hê-items vir ʼn première is.

Luister ook na Edwin van der Walt se onderhoud met Maroela Media waarin hy oor die fliek se storielyn gesels.

My Father’s War word op 5 Augustus landwyd in teaters vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Emile ·

Ek dag dis ‘n Afrikaanse onderhoud…?

Popcorn vir movie, lipstick, date, good underware, mooi jewelry, kick-ass attitude, …

Christo ·

In 21 jaar het ek die voorreg gehad om slegs 3 kersfeeste tuis deur te bring. Ons het geglo ons doen dit vir volk en vaderland. Die liederlikste gebeurtenisse was later alledaags. Die hartseerste is dat bitter min van my kollegas ‘n enkel huwelik het. Kinders het werklik sonder ‘n vader figuur groot geword. Die werklike helde is nie die baie HC’s wat die soldate in doods veragtende situasies ontvang het nie, maar die moeders wie die kinders as “enkel ouer” moes opvoed. Die kinders van daardie tyd is diegene wie die meeste pyn het. Op geen stadium was daar “debriefing” om die pyn van alleen wees vir die moeders en kinders te verwerk nie. Ek is te bang om die fliek te gaan kyk want ek is bevrees ek gaan my in baie sitsuasies herken, wat nie te lekker afgaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.