[Video] ‘ʼn Man soos my pa’

Foto: mansoosmypamovie.com

Foto: mansoosmypamovie.com

ʼn Man soos my pa is ʼn eerlike storie oor die dinge wat ons vorm: ons ouerhuis, ons ouers se liefde, hulle foute, vriendskappe, skool, romanse, die buurman se dogter en die skool se boelies. Dit is ook ʼn tere liefdesverhaal van arm ouers wat hul bes probeer.

Juan het weggehardloop nadat hy matriek geslaag het en sy ouers se harte gebreek, maar vir hulle bly hy ʼn held: ʼn man wat oorsee naam maak (dink hulle), ʼn man wat ʼn vrou en kind kan onderhou en ʼn man wat sy drome nastreef.

Die regisseur van dié fliek is Sean Else en in die rolverdeling is onder andere Albert Maritz, Sandra Prinsloo, Deon Lotz, Neels van Jaarsveld, Elma Postma, Antoinette Louw, Vilje Maritz en Shimmy Isaacs. Die fliek begin op 20 November in 50 teaters draai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.