Video: Nuwe ‘Lion King’ se lokprent is hier

‘n Skermskoot uit die lokprent.

Disney het die lokprent vrygestel van die nuwe weergawe van The Lion King wat volgende jaar in fliekteaters sal draai.

Die regisseur is Jon Favreau, wat bekend is vir rolprente soos die nuwe weergawe van The Jungle Book in 2016, asook talle van die Iron Man-rolprente. Hy is ook verantwoordelik vir die nuwe Avengers- en Spiderman-rolprente.

Die sanger en akteur, Donald Glover, is Simba in die nuwe weergawe van The Lion King terwyl die sangeres, Beyonce, Nala sal speel. James Earl Jones is weer die stem van Mufasa terwyl die Suid-Afrikaans gebore John Kani die geliefde Rafiki vertolk. John Oliver is Zazu en Billy Eichner en Seth Rogan is Timon en Pumba. Chiwetel Ejiofor is Scar, Alfre Woodard is Sarabi terwyl JD McCrary en Shahadi Wright Joseph die jong Simba en Nala speel.

The Lion King was een van die grootste animasieflieks nog en het meer as $968 miljoen wêreldwyd verdien. Die fliek het destyds Oscar-toekennings ontvang vir oorspronklike lied, “Can You Feel The Love Tonight” (Elton John, Tim Rice), en oorspronklike klankbaan (Hans Zimmer), asook twee Grammy-toekennings. Meer as 14 miljoen eksemplare van die klankbaan is verkoop. Die nuwe weergawe sal op 19 Julie 2019 begin wys.

Disney werk tans aan nuwe weergawes van talle ou gunstelinge soos Dumbo (Maart 2019) en Aladdin (Mei 2019).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ek ·

Ek is al 25, en huil nou nog elke keer as ek Lion King kyk….

J ·

Dit is tog lekker om Hamlet in n “kinder” vorm te kan kyk ne:)

Jan Alleman ·

Donald Glover as Simba? Regtig? Dis soos om Julius Malema sneeuwitjie te laat stem. Nee man! Ek dink ek sal die een ‘n mis gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.