Video: Première van Die Laaste Tango

Louw Venter en AntoinetteLouw is te sien in die rolprent Die Laaste Tango wat vandag in teaters begin draai.

Kyk gerus na die video van die première en ‘n lokprent oor die fliek onderaan die berig.

Deon Meyer is nie ʼn vreemdeling in die literêre wêreld nie en nou skuif hy vir die eerste keer in die regisseursstoel in vir sy rolprent Die Laaste Tango wat vandag by teaters begin draai.

Die fliek vertel die storie van ʼn polisieman, Herkules de Wet (Louw Venter), wat uiteindelik ʼn reeksmoordenaar aankeer nadat hy hom vir drie jaar lank gejag het. In ʼn oomblik van woede, rand De Wet die reeksmoordenaar, Basson (Stian Bam), aan, wat die uitkoms van die saak kompliseer. In ʼn poging om hom uit die mediakollig te hou, word De Wet na Loxton in die Karoo gestuur om te herstel.

Daar ontmoet hy vir Ella Winter (Antoinette Louw), ʼn jong vrou wat aan kanker ly. Terwyl die verhouding tussen Ella en De Wet ontwikkel, ontdek hy ook die groot geheime van ʼn klein dorpie. Om die saak meer te kompliseer is die reeksmoordenaar ook op De Wet se spoor.

Die Laaste Tango is Deon se debuut as regisseur en hy het voorheen die draaiboek vir die fliek Jakhalsdans geskryf. Hy het ook die draaiboek vir Die ballade van Robbie de Wee geskryf wat later vanjaar onder die regie van Darrel Roodt uitgereik word.

Maroela Media was by die premiere van Die Laaste Tango en het met ʼn paar van die akteurs oor die rolprent gesels.

Jy kan ook na die volledige onderhoud met Deon, Antoinette en Louw luister wat in Allegaartjie105 uitgesaai is.

‘n Lokprent vir die fliek volg heel onderaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.