Leon van Nierop se alombekende storie, Ballade vir ʼn Enkeling, is eersdaags op die grootskerm te sien. Rolanda Marais en Christia Visser speel onderskeidelik die ouer en jonger weergawe van Lena Aucamp in dié rolprent.
Maroela Media het met Rolanda en Christia gesels oor die uitdagings van dié rol en hulle vertel waarna gehore kan uitsien.